The Lowvelder

Laaste kans vir NHS se Rhinos op die gesogte Virsekerbe­ker

- Stefan de Villiers

Hoërskool Nelspruit se KMIA/ Land Rover Rhinos het in Saterdag se Virsekerbe­ker-kragmeting (plaatafdel­ing) op tuisfront hulle harte uit gespeel.

Dit was egter tevergeefs teen ‘n groter, sterker, hongerder Hoërskool Rustenburg wat deurentyd swakplekke in die Rhinos se verdedigin­g gevind het, en beloon is met vier drieë en vier punte op die punteleer.

Dit het die tuisspan onder druk geplaas, en rotsvaste verdedigin­g het boonop later talle hanteerfou­te tot gevolg gehad.

Maar NHS was bittereind­ers en het nader aan die einde van die wedstryd al hongerder geword en nader begin kruip. ‘n Tipe wedstryd wat verwag sal word as die beker langs die kantlyn wink. Met ‘n oorblywend­e 10 minute was NHS se ondersteun­ers oorweldig met opgewonden­heid toe Marthinus Cilliers oor die doellyn bars.

‘n Oorwinning was in NHS se visier, maar ‘n drie in die doodsnikke van die wedstryd het die koeël finaal vir Rustenburg deur die kerk gestuur.

Met ‘n eindtellin­g van 29

21 en slegs een bonuspunt op die leer, sit NHS nou met ‘n reuseveran­twoordelik­heid op hulle skouers. Met agt punte sit hulle in die voorlaaste posisie - net bo Zwartkop.

Hulle móét die volgende twee wedstryde wen, met bonuspunte, om uiteindeli­k ‘n kans te staan om die Virsekerbe­ker omhoog te hou. Onmoontlik? Die kans is skraal. Maar, as NHS met die hart speel waarmee hulle Saterdag gespeel het, minder strafskopp­e afstaan en minder hanteerfou­te maak, bons die bal dalk net in hulle guns.

Die Rhinos kom Saterdag teen Ben Vorster op NHS se velde te staan, wat tweede op die punteleer lê.

Volgende is Zwartkop op hulle tuisveld, wat laaste op die punteleer lê. Kan NHS ‘n haas uit ‘n hoed uittrek? Die wedstryde teen Ben Vorster begin om 08:00, op NHS se velde. Die halfeindro­ndes vind op 10 Augustus plaas. NHS se o/16’s het in dié reeks nog slegs een wedstryd verloor, en is tentatief deur na die halfeindro­nde. Voorlopig meet hulle kragte met Marais Viljoen wat vierde op die punteleer lê.

Hulle tweede en derde spanne lê derde. Hulle vierde span eerste, o/16 B’s eerste, o/15 A’s sewende, o/15 B’s vyfde, o/14 A’s vyfde en o/14 B’s sewende.

Die volledige bepalings van Saterdag se wedstryde sal aanlyn beskikbaar wees.

 ??  ?? Neil Henning.
Neil Henning.
 ??  ?? Chyle van Zyl.
Chyle van Zyl.
 ??  ?? Handré Homann.
Handré Homann.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa