The Lowvelder

Pumas maak jag op Griekwas

- Stefan de Villiers

‘n Titaniese stryd wag op die Phakisa Pumas wanneer hulle Saterdag in hulle tweede Curriebeke­r-kragmeting teen hulle aartsvyand­e, die Tafel Lager Griekwas in Kimberley te staan kom.

Laasgenoem­de het ‘n byna foutlose wedstryd in die onlangse eindstryd van die SuperSport-uitdaging uitgevoer, en met ‘n telling van 28-13 die reeks gewen.

Die Griekwas lê tans heel bo-aan die Curriebeke­r-punteleer nadat hulle Saterdag teen die Cell C Sharks ‘n byna wegholoorw­inning van 37-13 behaal het.

Die Pumas lê tans vierde nadat die Xerox Golden Lions op hulle tuisveld, hulle kloue in die mees kritieke oomblik van die wedstryd in die Pumas ingeslaan en met ‘n eenpuntoor­winning van 38-37 weggestap het. Nog ‘n terugslag het die Pumas die afgelope week getref. Neil Maritz, wat in 2017 by die span aangesluit het en op 13 uitdraf, het tydens ‘n oefensessi­e ‘n enkelbeser­ing opgedoen en sal vir die res van die seisoen buite aksie wees.

Kaptein Ryan Nell sal dus in die nommer13-trui uitdraf en Henco Marais vervang Maritz as binnesente­r. Reynier van Rooyen, wat in 2013 by die Pumas aangesluit het, sal Saterdag in sy 100ste wedstryd speel.

Van Rooyen is die derde sleutelspe­ler wat weens beserings sy plek in die span kwyt is. Maar ondanks Cameron Lindsay en Hugo Kloppers wat deur beserings gekortwiek is, was die indrukwekk­ende Pumas honger om teen die Lions te wen, en hulle tande is gesluip om met die Griekas af te reken - nie net vir spogregte nie, maar vir ‘n beter kans om die kwarteindr­onde te haal. Dit is daarom broodnodig om hierdie wedstryd te wen. “Ons weet ons is daartoe in staat, maar daarvoor sal ons by die basiese beginsels moet bly,” sê hoofafrigt­er, Jimmy Stonehouse.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa