The Lowvelder

Vlammies se o/16 A’s weer die kampioene

- Stefan de Villiers

Hoërskool Bergvlam loop oor van trots nadat hulle o/16 A-span die afgelope naweek in die Mpumalanga Mediumskol­e vir Curro pak slae gegee het.

Dit is die eerste keer sedert 2014 wat die Vlammies se o/16’s met dié gesogte titel wegstap.

Dit teen die span waarteen hulle verlede jaar, in dieselfde reeks, 69-0 verloor het. Sedert dié nederlaag teen Curro, sê afrigter Tristan Louw, het die span onverpoos aan kondisione­ring gewerk en dit het beslis vrugte afgewerp. Louw was die laaste kaptein wat dié beker vir Vlammies in 2014 omhoog gehou het.

“Ons verdeging, spelpatroo­n en spoed was onveberter­lik. Ons het as ‘n span saam gespeel en op ons voete gedink,” vertel Louw. Curro skryf hulle nederlaag toe aan

‘n rits beserings wat die span onlangs in die gesig gestaar het.

Bergvlam het die eindstryd gehaal nadat hulle in ‘n rillerhalf­eindstryd teen Hoogenhout afgereken het, 23-22. Byna 13 van Hoogenhout se spelers ding mee op ‘n provinsial­e vlak teenoor Vlammies se een, Junior Sibeko. Was dit nie vir Henry Potgieter wat ‘n strafdoel in die doodsnikke deur die pale kon stuur nie, het Bergvlam dalk nie die wa deur die drif, teen die aansienlik groter teëstander­s, getrek nie.

In die eindstryd het Bergvlam uit die staanspoor met ‘n aansienlik­e hoër pas die wedstryd aangepak en Curro oorrompel, ondanks hulle goeie balbesit.

Curro se Udo Cilliers was die enigste speler wat vir die span agter die doellyn kon kuier in ‘n helfte wat ten volle deur Bergvlam gedomineer is. Bergvlam was teen rustyd 24-8 voor. Hoewel Curro goeie balbesit in die tweede helfte geniet het, het Vlammies hulle man gestaan en ‘n verdere 24 punte aangeteken, vir ‘n eindtellin­g van 46-8. Junior, kaptein en man van die wedstryd het ‘n driekuns behaal, terwyl Sandile Shongwe twee drieë en plaasverva­nger Meljiego Smith een drie aangeteken het. Henry het weer sy span goed met sy skopskoen verteenwoo­rdig, en vyf van sewe skoppe deur die pale gestuur.

“Ons as ‘n skool is geweldig trots op die seuns,” het skoolhoof Deon Visser gesê.

Sien meer oor Curro se wedstryde op bladsy 31

Newspapers in English

Newspapers from South Africa