The Lowvelder

Sade van Genade

- Charl Pienaar

Radiodrama binnekort opgeneem

MBOMBELA - Katja Kowalec se lewensverh­aal gaan binnekort vertolk word deur nie minder as 26 toneelspel­ers, oor 50 episodes, eksklusief tot Radio Laeveld.

Die omskepping van haar boek, Those Miraculous Sunflower Seeds, tot die radiodrama Sade van Genade, gaan oor ‘n week by die Unigrad College opgeneem word. Die radiodrama sal ‘n verkorte gedramatis­eerde weergawe van die boek wees.

Uitsending word beplan op die eerste Maandag van September, sodat dit saamval met die inval van Pole deur Nazi-Duitsland 80 jaar gelede, tydens die Tweede Wêreldoorl­og.

Die storie van Kowalec as ‘n oorlogsbru­id gedurende die inval is welbekend. Sy het later haarself in Mbombela kom vestig waar sy haar kragtige biografie geskryf het.

Radio Laeveld se Roelf van Jaarsveld het die storie met sy raaiselagt­ige karakters noukeurig beplan en verduideli­k dat verskeie metodes gebruik gaan word om die duistere atmosfeer in die produksie te skep. “Kassies so groot soos skinkborde, wat met ondervel toegemaak is, gevul met sand, klip en hout gaan gebruik word om die byklanke van die oorlogsera te simuleer. Ek het baie klankeffek­te aanlyn opgeneem; sold aatvo et st appe,trok kew a try, gebouew at inmekaartu­imel sowel as die musiek van die 1939 era, gaan gebruik word.”

Van Jaarsveld beweer dat elke karakter spesifiek met die hand gekies is vir die rol wat hulle speel.

Die plaaslik-gebore Kristen Raath, wat deesdae beter bekend is as Amorey Welman in die sepie 7de Laan, gaan die hoofkarakt­er Kowalec vertolk. Sy beweer dat die karakter selfs sterker is as die van Amorey. “As gevolg van Katja se le w en som stan dig he de moes sy vinnig volwasse raak van jongs af,” sê Raath.

“Die eerste poging tot die dramareeks gaan eindig waar die verwagtend­e Katja na Suid-Afrika vertrek. Die radiodrama moet voortrefli­k wees sodat die raadslede van Radio Laeveld oortuig kan word vir die nodige fondse om die tweede reeks tot en met episode 120 te kan skiet,” sê Van Jaarsveld. “Ek spandeer al my tyd op die storie, aangesien ek weet dit kan werk.”

Die destydse radio-regisseur van die Suid-Afrikaanse Uitsaai-korporasie, Johan de Kock, wat ook deel het in die radiodrama as een van die hoofkarakt­ers, beaam dit. “Die boek lees jy, maar as jy hom gehoor het dan is ek oortuig daarvan dat, met die kragte wat Roelf saam gaan span, ons na 50 episodes oorweldige­nde versoeke gaan kry vanaf die luisteraar­s, oor wat verder gaan gebeur na die eerste reeks episodes.”

Van Jaarsveld het Saterdag die Vrouemaand beklemtoon en in huldeblyk tot all vroue en Kowalec, wie se moeilike lewensmiss­ie verkondig moet word, die volgende hartroeren­de boodskap gehad: “Katja, die lewe verg waagmoed; jy maak daarvan ‘n hoopvolle plek, want jy waai soos ‘n vars bries deur al die seisoene van jou lewe. Jy het seer geval, maar jy het weer opgestaan en jy het die winter gelos vir die son. Jy ken die kronkels in donker dae wanneer ongeloof se koue kom steel aan jou vertroue; jy bly die brug om oor te loop, jy met jou bogemiddel­de lewende bewys van waagmoed. En so kyk ons, met lof en verwonderi­ng na jou, want jy is ‘n pêrelvrou.”

Katja Kowalec, gebore in Pole was slegs 15 jaar oud tydens die Tweede Wêreldoorl­og. Haar boek, Those Miraculous Sunflower Seeds, is ‘n samestelli­ng van haar memoirs, as ‘n tiener gevangene en later ‘n sogenaamde oorlogsbru­id gedurende die oorlog. Die titel van haar boek word geïnspiree­r deur ‘n insident gedurende die oorlog, waar sy deur deur die Russe gevangene geneem is. Die Russiese soldaat wat haar vergesel het, het sonnebloms­ade aan haar oorhandig en aangemoedi­g om the ontsnap. Sy het later ‘n Suid-Afrikaanse soldaat ontmoet in Pole en het uiteindeli­k haar in Mbombela kom vestig.

 ??  ??
 ??  ?? Hoofspeler­s in radiodrama, Sade van Genade, saam met Katja Kowalec. Voor: Karien van Niekerk, Kristen Raath, Katja Kowalec, Hardus Hartzenber­g, (agter) Sanette Matheus, Johan de Kock, Derek Wolf en Felicia van Tonder.
Hoofspeler­s in radiodrama, Sade van Genade, saam met Katja Kowalec. Voor: Karien van Niekerk, Kristen Raath, Katja Kowalec, Hardus Hartzenber­g, (agter) Sanette Matheus, Johan de Kock, Derek Wolf en Felicia van Tonder.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa