The Lowvelder

Uitstekend­e nuwe boek oor Boereoorlo­g bekendgest­el

- Marius Bakkes

MBOMBELA - Die veelsydige plaaslike wetenskapl­ike en geskiedskr­ywer, dr. Tian Schutte het nog ‘n uitstekend­e boek oor die Anglo-Boereoorlo­g uitgegee.

Treinverni­elers, saam met Peet Coetzee, is ‘nlywi ge, go edgeïl lustre er de pub likasiew at handel oor die aanvalle op treine, stasies en spoorlyne in die ZAR gedurende die Anglo-Boereoorlo­g tydens 1899 tot 1902. Net 1 000 boeke is gedruk en sal beskikbaar wees by die bekendstel­ling in Mbombela op Woensdag 7 Augustus om 18:00 by Orange Restaurant. Die aand sluit ook ‘n boeiende praatjie met beeld in.

Die geleenthei­d is deel van Laevelder se gereelde Pen in my Handboekbe­k ends telling s en gebeur in samewerkin­g met Mpumalanga Erfenis.

Treinverni­elers is net so deeglik nagevors en toeganklik aangebied soos Schutte se eerste boek Guerrillas­tryd, oor die minder bekende veldslae en skermutsel­ings tydens die Anglo-Boereoorlo­g - meestal in die ou Oos-Transvaal. Die boek is destyds baie goed ontvang deur geskiedskr­ywers. Enkele kopië hiervan is nog beskikbaar.

Schutte is hierdie jaar die ontvanger van Mpumalanga Erfenis se toekenning vir plaaslike geskiedskr­ywing met sy twee publikasie­s. Die toekenning word ook op die aand van die bekendstel­ling en praatjie gemaak. Vorige ontvangers was prof. Peter Delius van Wits oor sy uitgebreid­e geskiedskr­ywing en deelname in twee publikasie­s oor die geskiedeni­s van die streek, dr. Salomon Joubert vir Die Geskiedeni­s van die Krugerwild­tuin en dr. Gerrit Haarhoff vir sy boek oor die vergete wapaaie van die platorand en die Laeveld.

Belang-stellendes wat graag ‘n aand wil bywoon moet flink bespreek by 083-628-7759. Plek is beperk. Die koste is R60 per persoon en sluit ‘n heerlike bord kos in.

 ??  ??
 ??  ?? Dr. Tian Schutte met sy jongste publikasie, Treinverni­elers.
Dr. Tian Schutte met sy jongste publikasie, Treinverni­elers.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa