The Lowvelder

Duitsers vermaak met klassieke musiek

- Mireille de Villiers

MBOMBELA - Die Remscheid-jeugorkes is weer op toer in die Laeveld, en het Sondag tydens hul eerste konsert in die stad hul gehoor by die Hervormde Kerk Nelspruit gaande gehad.

Die 50-stuk orkes het in 2012 ook in die gebied getoer. Hulle het weer gewys dat daar min beter maniere is om ‘n Sondagmidd­ag te verwyl as by ‘n klassieke musiekkons­ert.

Verskeie konsertgan­gers het daarop gewys dat sulke uitvoering­s van hierdie Duisters se gehalte boonop ylgesaai is en het dit dankbaar verwelkom.

Bygesê, die Laeveld doen moeite met klassieke musiek. Buiten die Lowveld Chamber Music Associatio­n se werk is die Lowveld Community Orchestra ook onlangs deur die Casterbrid­ge Music Developmen­t Academy op die been gebring.

Die Remscheid-orkes is egter op ‘n ander vlak. Hulle is 14 jaar gelede deur maestro Christoph Spengler op die been gebring. Die lede is tussen 17 en 30 jaar oud.

Volgens organiseer­der Anneke Coetzer is die koperblase­rs veral uitstekend verteenwoo­rdig, wat diepte tot die musiek voeg.

Die groep het afgeskop met Offenbach se overture van Orpheus in die Onderwêrel­d. Die komponis is vanjaar 200 jaar gelede in Cologne, ‘n dorpie naby Remscheid, gebore; daarom het hulle dit gekies. Dis gevolg deur Dvorák se “Slavonic Dances” en met die kerk se uitstekend­e akoestiek is elke perfekte noot beklemtoon.

Spengler is veelsydig. Hy het dit bewys met die orkes se weergawe van musiek uit die rolprent Greece. Die storie is dalk nie wonderlik nie, maar die musiek is wel, het hy geskerts.

Solis Céline Kammin (23) se vertolking van die orkes se jazz-weergawe van Gershwin se “Rhapsody in Blue” het haar met reg ‘n staande ovasie besorg.

Die Remscheid-jeugorkes sal hierdie week by verskeie skole speel. Hulle tree ook Donderdag weer vir die publiek op by Curro Nelspruit. Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies beloop R100 per person en is beskikbaar by die deur. Skoliere en pensioenar­isse se toegang is egter gratis. Vir meer inligting kontak Coetzer by 083-540-3341.

 ??  ?? Christoph Spengler en Anneke Coetzer.
Christoph Spengler en Anneke Coetzer.
 ??  ?? Die Remscheid-jeugorkes in die Hervormde Kerk Nelspruit.
Die Remscheid-jeugorkes in die Hervormde Kerk Nelspruit.
 ??  ?? Anthea en Ingrid du Toit.
Anthea en Ingrid du Toit.
 ??  ?? Alta-Marie en Carmi Riekert.
Alta-Marie en Carmi Riekert.
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa