The Lowvelder

Verlies van ‘n ‘dierbare mens’

- Mireille de Villiers

MBOMBELA - Hennie de Beer was alom geliefd. Die inwoner van Machadodor­p se liggaam is Saterdag langs die N4 naby Hectorspru­it gevind. Hy het beserings aan sy kop gehad.

Hy is Maandag eindelik uitgeken.

De Beer was 31 jaar met Johan Cloete bevriend, en hulle was vir lank saam in besigheid. “Hy was ‘n pêl vir almal. Hy het uit sy pad gegaan om ander mense te help,” onthou Cloete. “Hy was ‘n sprankelen­de mens, hy het altyd gelag.”

De Beer se dood was ‘n groot skok.

Cloete het die boodskap van die lyk wat gevind is en wyd op sosiale media versprei is, Saterdag op Facebook gesien, maar nie veel aandag daaraan gegee nie. Eers teen Sondag het hulle besef iets is ernstig fout aangesien De Beer al die hele naweek weg was.

Sy werkgewer het sy bakkie as vermis aangegee. “Toe ek die foto sien het ek hom dadelik herken,” sê Cloete.

Hy het die speurder gekontak en sy vriend beskryf. Die speurder het ‘n foto gestuur en dit was De Beer. Hy is Maandag amptelik uitgeken en sal die naweek in Malalane veras word.

‘n Ander vriend, Fanie du Toit, beskryf hom ook as “’n dierbare mens”.

“(Hy) sou niemand skade aandoen nie. (Hy was) nederig en opreg soos ‘n mens nie ken vandag nie.”

Du Toit het hom deur De Beer se geleenthei­dbeplannin­gondernemi­ng geken. “Hy het my broers se troue help reël en my ma se 60ste verjaarsda­g.

“Dis voorwaar onwerklik dat misdaad so erg raak in ons midde en dit mense raak wat ons ken. ‘n Mens is naïef op die platteland, maar tog gebeur dit hier. Die wêreld is vol siek mense. Ek weet nie wat gebeur het of hoe dit gebeur het nie. Ek is geskok tot in my diepste binneste.”

Twee roudienste word vir De Beer beplan: een in Brandfort en een Woensdag in Pretoria. Vir meer inligting kontak Cloete by 072-509-7647.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa