The Lowvelder

Gesellige kuier bring ’n bederfie of twee

- Arisa Janse van Rensburg

MBOMBELA - Die uitbundige gelag en gesellige geselsies kon gehoor word soos ‘n mens Dinsdagogg­end by die deure van SAVF Herfsakker binnegesta­p het.

In die saal was dit duidelik waarom: die Nelspruit Care Buddies het kom partytjie hou.

Die organisasi­e het ook bederfpakk­ies met toiletware en lekkergoed aan elke inwoner uitgedeel.

Die inhoud van dié pakkies is gedurende Mei deur die Nelspruit en Witrivier Care Buddies ingesamel en is vandeesmaa­nd aan 600 bejaardes in verskillen­de ouetehuise uitgedeel.

Die oggend is afgeskop deur Judy Black wat met haar marionet genaamd Augustus, die inwoners in die saal vermaak het.

Daarna het Black en Augustus ook die pasiënte in die siekeboeg besoek.

Die inwoners is bederf met heerlike eetgoed en het land en sand met die Care Buddies en hul mede-inwoners gesels.

Die Nelspruit Care Buddies kuier egter elke week by die tehuis in die siekeboeg, by die Alzheimers­afdeling, in die gange en ook by die inwoners wat in die kothuisafd­eling woon.

Volgens die Care Buddies se verteenwoo­rdiger by die tehuis, Althea Nicholson, hou hulle ook twee maal ‘n maand ‘n bingo-geleenthei­d by die tehuis. “Ons probeer ook om hulle op spesiale geleenthed­e te bederf. Ek het vanjaar met Paasfees byvoorbeel­d vir almal paaseiers gebring.”

Een van die inwoners, Lydia Kotzé, het die geleenthei­d as baie gesellig beskryf.

“Hier was veels te veel eetgoed,” het sy geskerts. Sy het gemeen dit is die positiewe gees by die tehuis wat ook bydra tot die sukses van so ‘n gesellighe­id.

“Die Here het ons hier geplaas om te lewe en ons moet elke dag iets goed vir iemand anders doen. Tye soos hierdie is die perfekte geleenthei­d daarvoor.”

 ??  ?? Joey de Wet, Care Buddy René van den Berg en Adele de Zeeuw.
Joey de Wet, Care Buddy René van den Berg en Adele de Zeeuw.
 ??  ?? Elsabé Louw en Care Buddy Linda Christie.
Elsabé Louw en Care Buddy Linda Christie.
 ??  ?? Ina Swanepoel en Biffy Reineke was baie gelukkig met hul bederfsakk­ies.
Ina Swanepoel en Biffy Reineke was baie gelukkig met hul bederfsakk­ies.
 ??  ?? Marie Roets saam met Care Buddy Dalene Cousins.
Marie Roets saam met Care Buddy Dalene Cousins.
 ??  ?? Augustus die marionet het ook ’n besoek by Sophia Goss gaan aflê.
Augustus die marionet het ook ’n besoek by Sophia Goss gaan aflê.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa