The Lowvelder

Sasol byt in die stof teen Witrivier-rugbyklub

- Mariana Balt

Met hul oorwinning van 34 - 27 oor Sasol 1 het Witrivier se eerste rugbyspan die eerste van die doelwitte wat hulle aan die begin van die seisoen gestel het, bereik.

“Ons besef egter dat hierdie doelwitte tevergeefs sal wees indien ons nie die finale wedstryd ook kan wen nie,” sê hoofafrigt­er Deon Helberg.

“Ons is trots dat ons die eerste doelwit kon bereik het, en het ook as span gegroei en as individue ontwikkel.”

Die span se sukses is waarskynli­k daaraan te danke dat elke speler sy rol in die plan verstaan en persoonlik verantwoor­delikheid neem om dit tot die beste van sy vermoë uit te voer.

Die tweede span het vanjaar net so ‘n groot bydrae gelewer, wat sigbaar is in hul posisie bo-aan die punteleer. Hulle kom nou teen Middelburg in die finaal te staan. Saam met hul afrigter Neil Grobler het hulle ‘n sterk platform vir die eerste span gebied.

Die wedstryd teen Sasol het toeskouers op hul tone gehad. Daar is goeie rugby gespeel en die tuisspan se plan is baie goed uitgevoer.

Die voorspeler­s het dit vir die agterlyn maklik gemaak om vandaar die nodige te doen en hulle het op hul beurt uitstekend van die voorvoet-bal gebruik gemaak om uitmuntend­e drieë te druk.

Witrivier se verdedigin­g was ook goed teen ‘n baie goeie aanval van Sasol.

“Maar ons het nog baie om aan te werk, om reg te maak en te skerp voor die einstryd!” voel Helberg. “Ons vra elke ondersteun­er om al ons spanne in die finale te ondersteun, want ons het elkeen werklik nodig.”

Nelspruit Rugbyklub, wat ook die uitspeelro­nde gehaal het, is met ‘n telling van 40-17 teen Witbank hulle plek in die eindstryd kwyt. Witbank speel dus teen Middelburg, waarna die wenner volgende naweek teen Witrivier op tuisfront sal kragte meet.

Puntemaker­s teen Sasol 1: Drieë is gedruk deur Juan Bester, Nazo Nkala, Mervin Gilbert en Martin Mangwiro.

Barend Smit het met twee strafdoele en vier doelskoppe geslaag.

Nazo Nkala en Wilmaur Louw is as agterspele­rs van die wedstryd aangewys en Juan Bester en Pieter Prinsloo as voorspeler­s.

 ??  ?? Eldrid James ontglip sy teenstande­rs.
Eldrid James ontglip sy teenstande­rs.
 ??  ?? Martin Mangwiro druk ‘n drie.
Martin Mangwiro druk ‘n drie.
 ??  ?? Nazo Nkala.
Nazo Nkala.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa