The Lowvelder

Pumas se hoofuitvoe­rende beampte gee duidelikhe­id oor nuwe borg

- Stefan de Villiers

Die Pumas, deesdae beter bekend as die

Phakisa Pumas, speel al vir ‘n geruime tyd trots met dié maatskappy se logo op hulle bors en vanaand sal geen uitsonderi­ng wees nie. Alhoewel dit nog nie amptelik die Pumas se nuwe titelborg is nie, volg hierdie skuif nadat die voormalige borg, ISG Holdings, se kontrak met die Pumas weens beweerde kontrakbre­ek beëindig is.

Phakisa Holdings het aan die einde van 2018 aanboord gekom. Volgens die unie se hoofuitvoe­rende beampte, Pieter Burger, het die maatskappy aanvanklik ook belangeste­l in die titelregte, maar ISG Holdings het skriftelik eerste bevestig dat hulle die regte opneem. “Phakisa Holdings het dit duidelik gemaak dat hulle in die Pumas glo en ons wil ondersteun, en dat hulle tevrede sal wees met regte aan die unie (amateurkan­t) vir hulle kontrakter­myn. Die vertroue in en geldelike bydrae tot die Pumas, toe ons dit nodig gehad het, het ongeloofli­k baie vir ons beteken. Die onselfsugt­ige houding van Phakisa om ten spyte van omstandigh­ede, nog steeds betrokke te raak is ‘n testament van die kaliber van die individu, Johan Pretorius, en organisasi­e waarmee ons te doen het. Dit is ‘n ongeloofli­ke maatskappy en ons hoop om nog ‘n lang pad met hulle te stap,” het Burger gesê.

Hy het verduideli­k dat daar teen volgende week duidelikhe­id oor die presiese stand van sake sal wees. “Daar is nog geen formele bevestigin­g nie.

“Daar is tans ‘n bestaande ooreenkoms in plek van ‘n sekere waarde, maar ons hoop dat Phakisa sal instem om die titelregte en waarde oor te neem vir 2020 - dus opgraderin­g van hulle borgskap en waarde,” het hy bygevoeg.

Burger sê dat die impak vir 2019 die Pumas se kontantvlo­ei onder ongeloofli­ke druk plaas, en dat die unie heel moontlik ‘n agterstand as ‘n resultaat mag beleef. “Tagtig persent van my vaste uitgawes is salaris-gebaseerd. Ons is in die vermaaklik­heidsbedry­f, en ek gaan kontrakte aan met personeel en spelers in lyn met ‘n begroting en prosedure wat in plek is. Ons het ‘n verpligtin­g teenoor daardie werknemers en hulle gesinne.”

Die “kontrakter­ingsvenste­r” vir 2020 het

1 Julie oopgemaak, en die unie kon as gevolg daarvan nog nie aktief met onderhande­linge begin nie. “Dit plaas baie druk op spelers, hulle gesinne en die afrigters, omdat hulle onsekerhei­d ervaar oor ‘n tydperk waar hulle fokus en aandag op die Curriebeke­r moet wees. Dit is menslik en ‘n mens verstaan dit. Alles moontlik word gedoen van die veld af om ons in staat te stel om onderhande­linge so spoedig moontlik te begin en af te sluit,” het Burger gesê en bygevoeg dat dit onsmaaklik is, en baie jammer is dat dit tot op hierdie punt moes kom.

“Dit was absoluut ‘n laaste uitweg. Ons het alles van ons kant af gedoen om die saak te beredder. Ongelukkig is ons ‘n besigheid, en is daar gesinne wat afhanklik is van die kontraktue­le inkomste wat borge op kontrak sluit.

“Phakisa Holdings gaan nog diep spore trap en nog groter sukses behaal in die toekoms, en hulle verdien elke oomblik daarvan. Ek sê dit nie omdat dit ‘n borg is van die Pumas nie, maar omdat ek dit persoonlik ervaar het. Ek het baie respek vir Pretorius en dit wat hy en sy span vermag het. Sy ondersteun­ing en onselfsugt­ige deelname by die Pumas word opreg waardeer deur elke personeell­id en speler. Sonder vennote soos hierdie en talle ander wat ons droom deel, sal ons eenvoudig nie kan bestaan en

 ??  ??
 ??  ?? Pieter Burger.
Pieter Burger.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa