The Lowvelder

Bergvlam deur na die Virsekerbe­ker-kwarteindr­onde

- Enver Wessels

Hoërskole Bergvlam en Frans du Toit van Phalaborwa het Saterdag meegeding in ‘n rugbywedst­ryd om te kwalifisee­r vir die mediumskol­e Virsekerbe­ker-toernooi. Volgens Bergvlam se afrigter Tristan Louw, het die eerste 10 minute van die spel die plaaslike span se staal getoets.

“Die eerste 10 minute was aan hul kant. Ons het aangeval en kon net nie ‘n deurbraak maak nie. Hulle het twee keer punte aangeteken en teen 12 minute van spel was die telling 12-0.”

Kort daarna het die Vlammies hul ritme gevind en twee drieë gedruk. Henry Potgieter en Hlubi Radebe se bydraes het dit moontlik gemaak en dis toe dat die gety in die span se guns begin draai.

Teen die tyd was die tellling 12-12 en op die punt van halftyd is ‘n strafskop aan Bergvlam toegeken. Die span het nie gehuiwer nie en die bal summier tussen die pale geskop. Die telling teen halftyd was 15-12 in Bergvlam se guns. In die tweede helfte van die wedstryd het Bergvlam ‘n drie aangeteken en het dit vinning in ‘n naelbytwed­stryd ontaard.

Albei spanne het hulle alles gegee en daar was vir ‘n geruime tyd heen en weer gespeel tussen die twee. Die telling was 17-15 en Frans du Toit het baie druk op die span van Mbombela geplaas. In die laaste 10 minute het Junior Sebeco oor die drielyn geduik om die telling tot 20-17 te bring.

Daarna was dit pale toe vir ‘n strafskop wat netjies tussen die pale geseil het en Bergvlam het hul voorsprong verleng. Met slegs vyf minute oor om te speel het Avelile Mlomo ‘n doel aangeteken vanuit die skrum.

Die pragstuk is gevolg deur ‘n strafskop deur Henry wat drie strafskopp­e en twee doelskoppe gedurende die wedstryd aangeteken het. Hoërskool Bergvlam het triomfante­lik voorgekom en die wedstryd teen ‘n telling van 28-17 gewen. Die span het taai teenkantin­g hierdie naweek wanneer hulle in die kwarteindr­onde van die Virsekerbe­ker teen Hoërskool Erasmus, wat eerste op die ranglys vir medium skole in Gauteng is, speel.

 ??  ??
 ??  ?? Duane Brower en Meligo Smit.
Duane Brower en Meligo Smit.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa