The Lowvelder

Hond glo met AK47 in NKW geskiet

- Arisa Janse van Rensburg

SKUKUZA - Bewerings dat ‘n hond Saterdag in die Nasionale Krugerwild­tuin voor toeriste met ‘n aanvalsgew­eer van kant gemaak is, het diereliefh­ebbers die harnas ingejaag.

In ‘n Facebook-plasing wat oorspronkl­ik deur James Jansen van Vuuren gemaak is, word daar beweer dat ‘n troetelhon­d Saterdag naby een van die wildtuin se hekke deur veldwagter­s doodgeskie­t is. Die plasing is in die SANParks-Kruger National Parkgroep gedeel.

“Ons het ‘n bang hond sien hardloop langs die pad by een van die Krugerwild­tuin se uitgangshe­kke. Omdat ons bekommerd was, het ons langs hom gestop. Agter die hond was ‘n Toyota Hilux met van die park se veldwagter­s in. Hulle het ‘n AK47 uitgetrek en die hond reg voor ons geskiet,” lui die plasing.

“Ons hele naweek is bederf en ons harte is gebreek. Ongeag of so iets toelaatbaa­r is of nie, jy doen dit nie in die oog van toeriste nie.”

Volgens die wildtuin se woordvoerd­er, Isaac Phaahla, het hulle reeds kontak met Jansen van Vuuren gemaak om te probeer vasstel presies waar die insident gebeur het.

“In die plasing praat hy van AK47’s, maar ons veldwagter­s dra nie aanvalsgew­ere by hulle nie en wanneer ‘n troeteldie­r ingang tot die park verky, word hulle op ‘n menslike wyse van kant gemaak.”

Phaahla verduideli­k dat dit noodsaakli­k is om diere wat van buite die park kom, genadedood toe te dien omdat hulle siektes in die park inbring.

“In 2015 het ons 12 wildehonde verloor omdat hulle in kontak gekom het met ‘n troetelhon­d wat siektes gedra het.”

Volgens Phaalha het Jansen van Vuuren nie kontak met hulle gemaak nie. Jansen van Vuuren het ook nie gereageer toe die koerant hom genader het vir kommentaar oor die voorval nie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa