The Lowvelder

Dwelms en mensehande­l onder die kollig

- Enver Wessels

MBOMBELA - Min Suid-Afrikaners is bewus van die gewilde plaaslike akteur, Hykie Berg, se stryd teen dwelms en sy oorwinning oor verslawing.

Die akteur het Donderdaga­and sy ervaringe met die gehoor by Communio Kerk gedeel. Die geleenthei­d was deur Francina du Plessis, eienaar van Creative Brains, in samewerkin­g met Pediatric Care Africa, gereël.

Berg is ‘n bekende gesig op ons televisies­kerms en het roem verwerf in reekse soos Egoli en Binnelande­rs.

Hy het egter onlangs die sluier gelig oor sy worsteling teen verslawing en in sy boek, Ultimate Survivor, vertel hy hoe hy op die hoogtepunt van sy loopbaan amper alles verloor het weens sy dwelmmisbr­uik.

Voordat Berg op die verhoog gestap het was Sylwia Michalak en Catherine Restiau aan die beurt. Hulle het gesels oor die gevare van mensehande­l en hoe kinders en volwassene­s daagliks geteiken word deur sindikate wat hul slagoffers in die mees aakligste omstandigh­ede aanhou. Volgens Restiau word slagoffers verslaaf gemaak aan dwelms en gebruik vir seksuele doeleindes.

Berg deel prontuit in die boek hoe hy van die dw elm be dry wig he de in Hillbrow na ‘n maksimum sekuriteit-sel by Weskoppies Psigiatrie­se Hospitaal opgeneem is. Die gewilde akteur het uit sy hart gesels oor sy grootwordj­are, die talle kere toe hy as jongmens in die moeilikhei­d beland het as gevolg van dwelmmisbr­uik en die punt toe hy besluit het om sy lewe te verander.

“Daar was baie kere toe ek mense beroof het om die monster wat dwelms is, te voer. Ek onthou toe my pa my na ‘n rehabilita­siesentrum neem en ek ‘n pakkie heroïne in my kouse versteek het. Dit was die keerpunt toe ek besluit het om my lewe aan God toe te wy,” het hy gesê.

Die gehoor het aandagtig geluister hoe die Survivor South Africa-wenner na ‘n bitter stryd verklaar dat sy lewe nou aan God behoort.

Michalak en Restiau het ook ‘n paar wenke aan ouers gegee wat dit moeiliker maak vir sindikate om kinders te ontvoer. Terwyl sy haar vingers omhoog hou het Restiau verder verduideli­k: “Die duim beteken alleen wees. Dis belangrik dat kinders weet dat hulle ten alle tye naby vriende en familie behoort te wees.

“Die wysvinger is vir ouers om te besef hoe belangrik dit is om ten alle tye te weet waar hul kinders is, en die middelving­er simbolisee­r vreemdelin­ge. Kinders moet van kleins af leer om nie met vreemdelin­g te praat, of geskenke van hulle te ontvang nie.

“Die intieme vinger is die ringvinger. Ons kinders moet leer om nie intieme besonderhe­de op sosiale media te plaas nie.”

Sy het afgesluit met: “Die laaste vinger is die pinkieving­er, wat simbolisee­r hoe sterk ons is en dat ons die stryd uiteindeli­k sal wen.”

Berg se ongeloofli­ke verhaal het baie van die jongmense geïnspiree­r op die onvergeetl­ike aand, wat gehandel het oor ‘n onderwerp wat aktueel in ons land geword het.

 ??  ?? Sylwia Michalak.
Catherine Restiau.
Sylwia Michalak. Catherine Restiau.
 ??  ?? Hykie Berg .
Hykie Berg .
 ??  ?? Francina du Plessis.
Francina du Plessis.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa