The Lowvelder

Silverdae op hul eie na SAVF onttrek

- Mireille de Villiers

WATERVAL BOVEN - Die SAVF onttrek aan die einde van Januarie van die bestuur van Silverdae Ons Tuiste Tehuis vir Bejaardes, maar dié tehuis beplan geensins om sy deure te sluit nie.

Volgens Marieta Kemp, die direkteur van maatskapli­ke dienste by SAVF, het toenemende koste hulle genoop om die besluit te neem omdat die meeste verswakte bejaardes is wat 24 uur versorging benodig.Silverdae het slegs 32 inwoners. "Dit is 'n baie klein getal om in stand te hou om gelyk te breek."

Die inwoners wat wil sal uitgeplaas word na ander SAVF-tehuise. "Ons kyk na alle omstandigh­ede. Niemand gaan op straat gelaat word nie."

Silverdae se bestuur beplan egter om dit self oor te neem. Teresa Conradie van Maphalla Mokate Conradie, ‘n prokureurs­firma van Pretoria, is reeds jare betrokke.

Sy sê dat die SAVF ook van die Khaya Lami-sorgsentru­m in die Emgwenya-woongebied onttrek. Sowat 45 bejaardes besoek daagliks dié sentrum waar hulle ‘n middagete ontvang en handwerk doen.

"Soos baie ander platteland­se dorpies en as gevolg van die verswakken­de ekonomie en verstedeli­king het die gemeenskap van Waterval Boven en Emgwenya gaandeweg verarm," sê sy.

"Tans is daar slegs een inwoner van Silverdae wat nie die ontvanger van ‘n maatskapli­ke pensioen is nie en die fooie kan bekostig. Die bejaardes in Emgwenya ontvang dikwels hul enigste daaglikse maaltyd by Khaya Lami.

"Vir die gemeenskap van Waterval Boven is dit ondenkbaar dat hierdie fasiliteit­e nie verder sal bestaan nie. Baie van die bejaardes woon reeds hul lewens lank in die dorpie en ‘n verskuiwin­g sal vir hulle uiters moelik wees."

Hulle is besig om ‘n niewinsgew­ende maatskappy, Silverdae Khaya Lami NPC, te stig. ‘n Paneel deskundige­s adviseur hulle - onder meer die familiereg­kenner, adv. Francis Bosman SC, en dr. Syd Eckley, ‘n spesialis maatskapli­ke werker en lid van die menseregte kommissie se komitee vir bejaardes.

Enigiemand wat ‘n bydrae wil maak, kan betaling aan die MMCprokure­urstrustre­kening maak: Nedbank, taknommer 149746, rekeningno­mmer 1497 219

493, verwysing: Silverdae KL. Skenkings kan by Silverdae gemaak word. Kontak 013-257-0478 of silwerdaeo­rg@telkomsa.

‘Ons kyk na alle omstandigh­ede. Niemand gaan op straat gelaat word nie’

Newspapers in English

Newspapers from South Africa