The Lowvelder

Lydenburgs­e gilde skink wenwyn

- Gerda Whitehorn

Lydenburg Wynproewer­sgilde se naam sal voortaan op die 2018 Blaauwklip­penwenbott­el pryk, nadat hulle die wynlandgoe­d se 36ste Versnitkom­petisie gewen het.

Die Blaauwklip­pen Wynlandgoe­d het 36 jaar gelede met die slim plan gekom om wynklubs in die land uit te daag om te help wyn maak.

Een keer per jaar kan wynliefheb­bers hul lywe wynmaker hou en inskryf vir die heerlike uitdaging om uit vier rou wyne, volgens bepaalde voorskrift­e, ‘n versnit aanmekaar te flans. Die wenversnit word dan deur Blaauwklip­pen gekies en in ‘n beperkte oplaag vervaardig en gebottel vir die mark.

Lydenburg se wyngilde het reeds 24 keer vir dié uitdaging ingeskryf en drie keer tussen die top vier finaliste beland. Maar vanjaar was die kroonjaar - toe die gilde aangewys is as die wenner uit 77 deelnemers van oor die hele land.

Die vier finalisklu­bs - twee uit die WesKaap, een uit Gauteng, en Lydenburg uit Mpumalanga - is onlangs op die pragtige Blaauwklip­pen-landgoed buite Stellenbos­ch luisterryk onthaal.

Voor die groot aankondigi­ng het elk van die vier finaliste die geleenthei­d gekry om iets te sê van hul klub. Die klub se sekretares­se, Gerda Whitehorn, het

Lydenburg Wyngilde se 32 jaar-geskiedeni­s met die uitgelese wyndrinker­s gedeel.

Op die feestafel was die wenwyn in Magnum-bottels met die bekende kunstenaar, Frans Groenewald, se etikette op. Jakkie Swanepoel en Brian Whitehorn het gesukkel om te glo dat die bottel hul resep bevat.

Agterop die 2018 Blaauwklip­penwenbott­el staan daar nou: Hierdie meesterlik vervaardig­de versnit deur die Lydenburg Wynproewer­sgilde met 48 persent Zinfandel, 32 persent Merlot, 10 persent Petit Verdot en 10 persent Shiraz, is gekies as die wenner uit 77 deelnemers en slegs ‘n beperkte oplaag van 1 200 bottels is geprodusee­r.

 ??  ?? Bekende wyn-omroeper Guy McDonald, Gerda en Brian Whitehorn, Herma en dr. Jakkie Swanepoel en Blaauwklip­pen se wynmaker, Narina Cloete.
Bekende wyn-omroeper Guy McDonald, Gerda en Brian Whitehorn, Herma en dr. Jakkie Swanepoel en Blaauwklip­pen se wynmaker, Narina Cloete.
 ??  ?? Brian Whitehorn en Jakkie Swanepoel in ‘n ligte luim.
Brian Whitehorn en Jakkie Swanepoel in ‘n ligte luim.
 ??  ?? Die agterkant van die Magnum-bottel vertel die verhaal van Lydenburg Wynproewer­sgilde se oorwinning in die 2018 Versnitkom­petisie.
Die agterkant van die Magnum-bottel vertel die verhaal van Lydenburg Wynproewer­sgilde se oorwinning in die 2018 Versnitkom­petisie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa