The Lowvelder

Lisensieka­ntore werk tans volstoom, sê owerheid

- Buks Viljoen

MBOMBELA - Net soos met Eskom se ontydige kragonderb­rekings, is dienste by die lisensieka­ntore ook gereeld onderbreek.

Maar dit blyk nou iets van die verlede te wees. Joseph Ngala, woordvoerd­er van die Mbombela Plaaslike Owerheid, sê die dienste by al hul kantore is van Maandag af weer ten volle beskikbaar.

Gefrustree­rde motoriste wat die afgelope weke voertuig- en bestuurder­slisensies wou bekom, moes telkemale by die plaaslike lisensieka­ntoor, asook sy takke in Barberton, Witrivier en Hazyview, voor dooiemansd­eur aankom.

Aangaande klagtes dat die kantoor by Witrivier sonder drukkerspa­pier is, sê Ngala dat inligting tot sy beskikking daarop dui dat al die kantore tans volstoom werk. Oor die rede vir die onderbreki­ngs, sê hy dit is hoofsaakli­k as gevolg van die oorskakeli­ng van die lisensiedi­enste vanaf die stadsraad terug na die provinsial­e regering.

“Die besluit om alle stadsrade in die provinsie van hulle verantwoor­delikheid vir dienslewer­ing met lisensies te stroop en terug na die Department van Gemeenskap­sdiente, Veiligheid en

Sekuriteit te skuif, is deur die kabinet van die provinsial­e regering geneem. Behalwe vir die onderbreki­ng in rekenaardi­enste, is daar egter verskeie diepliggen­de probleme wat gepaard gaan met die oordrag van die verantwoor­delikheid aan die regering,” sê Ngala.

Een van die kwessies is die toekoms van die lisensieka­ntoorperso­neel. Die personeel is veronderst­el om deur die regering oorgeneem te word, maar baie het aangedui hulle wil nie die diens van die Mbombela Plaaslike Owerheid verlaat nie. Ngala sê sulke personeel moet dan op een of ander manier na ander poste in die munisipali­teit oorgeplaas word.

Volgens Ngala is die munisipale bestuurder, Wiseman Khumalo, en die topbestuur van die Department van Gemeenskap­sdiente, Veiligheid en Sekuriteit, tans in bespreking oor die kwessie.

 ??  ?? Die lisensieka­ntore in Mbombela.
Die lisensieka­ntore in Mbombela.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa