The Lowvelder

Witrivier groet sy ‘lelie van die veld’

- Stefan de Villiers

WITRIVIER - ‘n Jarelange en welbekende inwoner van die dorp, Susanna Johanna Oosthuizen, is op 23 Junie na ‘n ryk lewe op die ouderdom van 99 oorlede.

As stigtersli­d het sy bygedra tot die oprigting en bedryf van Rustig Senior Oord, waar sy ook haar laaste jare spandeer het. Oosthuizen was onder andere vir 50 jaar ‘n bekroonde lid van die plaaslike tak van die Suid-Afrikaanse Vrouefeder­asie (SAVF) en die stigtersli­d van die Silwer Seniors.

Boonop was sy toegewyd aan NG Kerk Witrivier, en waar ‘n ontfermend­e hand nodig was, by die kerk, die skool, die kinderkran­s of Voortrekke­rs, het sy altyd ingestaan.

“Vele kinders van die dorp van die jare

60s tot 90s het haar by die kinderkran­s teëgekom en het sekerlik ten minste een van haar pannekoeke by ‘n sportbyeen­koms geniet,” het die familie gesê.

Susanna (wat “lelie van die veld” beteken) is op 18 Januarie 1921 in Paul Krugerhuis,

Kerkstraat, Pretoria as ‘n Van der Vyfer gebore. Die Van der Vyfers het later na Vereenigin­g verhuis. Daar het sy haar man, Lambertus Oosthuizen - beter bekend as Oosie - ontmoet en hulle is daar getroud. Oosie en Susanna het saam met hulle twee seuns in 1957 na Witrivier verhuis waar hulle in die diens van die plaaslike owerheid was.

Susanna het later by Terblanche Transport gewerk en die talle boere in die Kiepersol/Burgershal­l-gebied het altyd net lof en waardering gehad vir die aandag wat sy aan hulle sake gegee het.

Met hul aftrede het Oosie en Susanna in Macadamia Aftreeoord gewoon en vandaar is Oosie oorlede. Sy het haar verblyf by Macadamia onthou as van die beste jare van haar lewe.

“’n Lelie was sy beslis. In haar optrede teenoor haar gesin en in die gemeenskap het sy haar teenwoordi­gheid met waardighei­d gestalte gegee. Sedert sy in 1957 na Witrivier verhuis het, het sy onbaatsugt­ig vir die verbeterin­g van die dorp en dié se mense gewerk. Haar credo was:

“Wees opreg, mededeelsa­am, eerlik, en as daar nie iets goed van iemand gesê kan word nie, handhaaf stilte”. Haar godsdiens was vir haar belangrik en ‘n anker in haar lang lewe. Hierdie Bybelvers was een van haar gunsteling­e Johannes 13:34: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.”

“Ons familie het ‘n ouma, ‘n ma en ‘n vriend verloor. Sy laat ook talle vriende en kenisse agter wat na haar liefde en haar glimlag gaan verlang.”

Haar credo was: ‘Wees opreg, mededeelsa­am, eerlik, en as daar nie iets goed van iemand gesê kan word nie, handhaaf stilte’

 ??  ?? Oosie Oosthuizen was ‘n bekende verkeersbe­ampte op die dorp. Hier staan hy saam met kollegas wie se name nie aan Laevelder bekend is nie.
Dorotea van der Vyfer, Susanna Oosthuizen, Rona Nel en (voor) Willem Nel by die Laeveld Skou, circa 1960.
Oosie Oosthuizen was ‘n bekende verkeersbe­ampte op die dorp. Hier staan hy saam met kollegas wie se name nie aan Laevelder bekend is nie. Dorotea van der Vyfer, Susanna Oosthuizen, Rona Nel en (voor) Willem Nel by die Laeveld Skou, circa 1960.
 ??  ??
 ??  ?? Die Nasionale Krugerwild­tuin in 1950. Inlas: Susanna Oosthuizen.
Die Nasionale Krugerwild­tuin in 1950. Inlas: Susanna Oosthuizen.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa