The Lowvelder

Jong Laeveldse boer soek ’n vrou

- Stefan de Villiers

Déan Botma, ’n macadamiab­oer op ’n plaas net buite die stad, is een van 10 finaliste op soek na liefde in die 13de seisoen van kykNET se immergewil­de werklikhei­dsreeks, Boer Soek ’n Vrou

MBOMBELA - As die stilte en natuurskoo­n van ’n Laeveldse plaas jou roep, moet jy oorweeg om vir boer Déan (29) beter te leer ken.

Déan Botma, ’n macadamiab­oer op ’n plaas net buite die stad, is een van 10 finaliste op soek na liefde in die 13de seisoen van kykNET se immergewil­de werklikhei­dsreeks, Boer Soek ’n Vrou.

Vanjaar is beslis ’n jaar wat vir verskeie redes - en baie daarvan nie juis aangenaam nie - nog lank in ons geheue sal bly. Dit is egter ook ’n tydperk waar ons die waarde van vriendskap en liefde meer as ooit tevore leer verstaan en waardeer.

As Déan jou oog vang, moet 8 Augustus in jou dagboek neergepen word as die spertyd om vir vanjaar se reeks in te skryf.

Kort na sy geboorte op 4 April 1991, het sy ouers vanaf Pretoria na ’n plaas net buite die stad verhuis. Sy pa bedryf hier ’n saagmeule, en ongeveer 13 jaar gelede is ’n suksesvoll­e macadamiab­oerdery op die perseel gevestig.

Déan het sy laerskooll­oopbaan by Laerskool Nelspruit voltooi, en is toe na Nelspruit Hoërskool waar hy ’n uitblinker in verskeie velde was. Hy beskryf homself as ‘n avonturier wat mal is oor sport, effe skaam is en sy hart op sy mou dra.

Hy het aan Laevelder vertel dat ’n sameloop van omstandigh­ede hom laat besluit het om in te skryf. “My vriende het aanvanklik die saadjie geplant, waarna ek besluit om die ervaring met albei hande aan te gryp,” het hy gesê.

Uit sy vorige verhouding­s, waarvan twee ernstig was, het hy geleer dat as dit nie werk nie, dan werk dit nie. Dit is juis daarom dat Déan vir byna die afgelope jaar enkellopen­d is. “Na my skoolloopb­aan is ek Pretoria toe vir 10 jaar. Hier het ek op my passie vir sport soos krieket en gholf voortgebou, onder meer ’n privaat- en kommersiël­e vlieglisen­sie gekry en ook ’n instrukteu­r geword,” het hy gesê, en bygevoeg dat hy homself onlangs in die rustigheid van die plaas tuisgemaak het om die fynere kuns van macadamiab­oerdery baas te raak. Hier het hy opnuut besef hoe beeldskoon die gebied is.

Botma glo die kans is goed dat hy ware liefde op Boer Soek ’n Vrou sal vind, hoewel hy geen verwagting het van die hoeveelhei­d briewe nie.

“Indien dit baie is, gaan dit vir my moeilik wees om ’n besluit te maak,” het hy gesê, en bygevoeg dat hy daarna opsien om uiteindeli­k van die vroue huis toe te stuur totdat slegs een oorbly. “Ek haat dit om iemand teleur te stel. Ek het ’n baie sagte hart.”

Op die vraag oor hoe belangrik fisiese voorkoms vir hom is, het hy geantwoord dat dit nie alles is nie, maar dat hy dit sal verkies om iemand te kry wat mooi na haarself kyk, ’n mooi hart het, toegeneë is en ’n goeie sin vir humor het.

“’n Prentjie van die perfekte persoon bestaan egter nie in my oë nie.”

Wanneer hy uiteindeli­k sy keuse gemaak het, sien hy daarna uit om vir haar die Laeveld vanuit die lug te wys. “My ideale idee van ’n romantiese afspraak sou wees om na ’n spesiale plek te gaan waar ons saam tyd kan deurbring.

“Ek soek iemand met Christelik­e waardes, wat lojaal en liefdevol is. Sy moet beslis goed versorg wees en ‘n sin vir humor hê. Sy moet aanpasbaar by my vriende en familie wees en haarself kan help in en om die huis en onafhankli­k wees. Sy moet ook my liefde vir die natuur deel.”

‘Ek soek iemand met Christelik­e waardes, wat lojaal en liefdevol is. Sy moet beslis goed versorg wees’

Besoek www.kyknet.co.za om in te skryf. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy voor September 2020 gekontak word. Vir enige verdere inligting, kontak Verende by 079-335-5137.

 ??  ??
 ??  ?? Boer Déan Botma tussen die macadamiab­oorde net buite Mbombela.
Boer Déan Botma tussen die macadamiab­oorde net buite Mbombela.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa