The Lowvelder

Engelbrech­t sit geveg voort teen beslissing

- Buks Viljoen

MBOMBELA - Naomi Engelbrech­t, die streekshof­president van Mpumalanga, veg voort om die verdoemend­e Hooggeregs­hofbesliss­ing vroeër vanjaar teen haar oor haar magte, asook haar sluiting van die Streekshof in Skukuza, tersyde gestel te kry.

Engelbrech­t het pas ‘n aansoek om teen die bevinding te appelleer, asook die Hoëhof se weiering dat sy daarteen mag appelleer, by die Appèlhof in Bloemfonte­in ingedien.

In Augustus 2019 het die vonke in die regskringe en onder bewaringsb­ewustes gespat toe sy haar twee-jaar-lange dreigement (wat sedert 2017 kom) om die Streekshof na Mhala te verskuif, deurgevoer het.

Die Streekshof in Skukuza speel ‘n wesenlike rol in die stryd teen veral renosterst­roping. Die verskuiwin­g daarvan na

Mhala, wat meer as 100 km vanaf Skukuza is, word alom beskou as ‘n terugslag teen regsplegin­g in renosterst­roopsake.

Dit beteken nie net dat verdagtes wat in Skukuza se polisiesel­le aangehou word dan heen en weer gekarwei moet word nie, maar dat getuies, waarvan baie veldwagter­s van die Nasionale Krugerwild­tuin is, onnodig tyd en geld bestee om hofsake by te woon.

Selfs van die verdagtes wat reeds op borgtog uit is se regsvertee­nwoordiger­s voer aan hulle tyd word gemors en dit jaag onnodiglik die regskostes vir hul kliënte op.

Sedert Engelbrech­t verlede jaar haar besluit deurgevoer het, was sy in ‘n tweestryd met regter Francis Legodi, Hooggeregs­hofpreside­nt van Mpumalanga, betrokke omdat hy gesê het sy moet haar besluite herroep.

Ten spyte van verskeie pogings van Legodi om die saak te beredder, het Englbrecht botweg geweier om dit te doen.

Sy het aangevoer sy as streekshof­president het alleen die magte om te besluit waarheen howe in die provinsie geskuif mag word en dat Legodi, ten spyte daarvan dat hy haar senior (en dus direkte hoof) is, nie by magte is om haar voor te skryf of opdragte te gee nie.

Selfs nadat hy skriftelik­e opdrag aan haar gegee het om al die sake van Mhala na Skukuza terug te skuif, het sy verseg om dit te doen.

Hy het einde ten laaste gevra ‘n volbank regters moet ‘n hersiening­smosie oor die dispuut aanhoor.

In Februarie het die saak voor regter Bernard Ngoepe (afgetrede president van die Noord-Gauteng Hooggeregs­hof), afgetrede regter Cynthia Pretorius en waarnemend­e regter Moira Mankge gedien.

Hulle het in die Mpumalanga Hooggeregs­hof beslis haar sluiting en gevolglike verskuiwin­g van die hof, was onwettig en dus nietig.

Hulle het ook bevind haar minagting van ‘n opdrag van Legodi om nie die hof te skuif nie, foutief was.

In Junie is Engelbrech­t se aansoek om teen die volbank van regters se bevindings appèl aan te teken, verwerp. Nou het sy ‘n aansoek om wèl te appelleer in Bloemfonte­in ingedien.

Adv. Erik van der Merwe, die staatsadvo­kaat wat namens die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging optree in die saak, het bevestig beide partye het hofstukke by die Appèlhof ingedien.

“In hierdie stadium wag ons vir verdere leiding deur die appèlregte­rs.”

Selfs nadat hy skriftelik­e opdrag aan haar gegee het om al die sake van Mhala na Skukuza terug te skuif, het sy verseg

Newspapers in English

Newspapers from South Africa