The Lowvelder

Verskuif jou fokus om finansiële welstand in moeilike tye te handhaaf

-

Wanneer markte daal en onsekerhei­d voorlê, kan dit moeilik wees om te voel dat jy in beheer is. Die uitdagings van ‘n pandemie, die gevolglike resessie en landswye inperking bied ‘n geleenthei­d om hanteervaa­rdighede te ontwikkel en gelei te word deur ‘n veranderin­g in jou perspektie­f om op langtermyn-finansiële doelwitte te fokus.

Hier is ‘n lys van ‘n paar belangrike dinge wat jou kan help om jou finansies en finansiële welstand in hierdie moeilike tyd te bestuur:

1. Moenie jou geestesges­ondheid ignoreer nie - kry hulp om spanning, depressie of angs te beheer en te hanteer.

2. Kry ‘n profession­ele finansiële beplanner om jou met jou finansiële welstand en langtermyn­doelwitte te help.

3. Maak gebruik van tydelike verligting­sopsies wat aan jou beskikbaar is.

4. Leer finansiële welstandsg­ewoontes aan:

• Bly gefokus op jou doelwitte; spaar vir aftrede en hersien dit gereeld met jou finansiële beplanner.

• Stel ‘n begroting op en beheer dit. Dit behoort spaarsame besteding en die vermyding van impulsiewe besteding (wat deur spanning veroorsaak kan word) in te sluit om jou rande te rek en te kyk of jy geld vir ‘n gebeurlikh­eidsfonds opsy kan sit.

• Bestuur skuld verstandig deur, indien moontlik, dieselfde bedrag soos voor die rentekoers­verlagings te betaal. Sodoende sal jy dit gouer afbetaal. Moenie skuld aangaan om vir verbruik te betaal nie. 5. Hou sielkundig­e afstand deur om op die geheelbeel­d op jou finansiële doelwitte te fokus.

Sielkundig­e afstand verwys na die verskuiwin­g van jou fokus van jou onmiddelli­ke omstandigh­ede na die langer termyn of geheelbeel­d (waarom jy iets doen).

Kontak Annatjie Els by 013-880-0061 of 083-679-4697 vir profession­ele advies. Sanlam is ‘n gelisensie­erde finansiële dienstever­skaffer.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa