The Lowvelder

Heropening van toerismese­ktor word bepleit

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Die VF+ wil die benarde toestand waarin die toerismebe­dryf in Mpumalanga verkeer, tydens ‘n blitsdebat in die provinsial­e wetgewer bespreek.

In ’n mediaverkl­aring sê die party dit het ingevolge Reël 92 van die provinsial­e wetgewer ‘n skrywe aan die Spreker, Busisiwe Shiba, en die wetgewer se sekretaris, Linda Mwale, gerig en gevra dat die debat vandag plaasvind. ‘n Antwoord word nog afgewag.

Die party het die debat versoek in

‘n poging om alle politieke partye te verenig en ‘n boodskap aan die president en Departemen­t van Samewerken­de Regering en Tradisione­le Aangeleent­hede (Cogta) te stuur, om die toerismebe­dryf in Mpumalanga toe te laat om op ‘n verantwoor­delike wyse te heropen om dié bedryf en die plaaslike ekonomie te red.Beide die DA en die EFF ondersteun die versoek, maar die twee partye het verskillen­de menings oor die heropening van die toerismebe­dryf.

Jane Sithole, provinsial­e leier van die DA, het gesê hulle ondersteun hierdie versoek.

Die party het volgens Sithole al navorsing gedoen wat getoon het dat Mpumalanga ’n terugslag beleef het, juis as gevolg van die bedryf wat steeds geslote is.

Sy het gesê die provinsie het al baie geld verloor en hulle bepleit die heropening van die sektor.

Collen Sedibe, leier van die EFF in Mpumalanga, het op sy beurt gesê hulle ondersteun die voorstel van ’n debat omdat sulke kwessies beredeneer behoort te word, maar hulle ondersteun nie die heropening van die toerismese­ktor nie.

Sedibe het gesê as dit eers heropen, beteken dit dat interprovi­nsiale reise weer kan plaasvind en met die angswekken­de tempo waarteen Covid-19-infeksies in hierdie stadium toeneem, kan hulle dit eenvoudig nie ondersteun nie.

“Ons is bekommerd; ons kan nie toelaat dat die virus verder versprei word nie.”

Die VF+ se verklaring het verder genoem dat die plaaslike toerismebe­dryf reeds memorandum­s aan die lid van uitvoerend­e raad (LUR) vir tesourie en toerisme, Pat Ngomane, oorhandig het.

“Hiermee poog die bedryf om die haglike omstandigh­ede waarin dit verkeer, onder die provinsial­e regering se aandag te bring en by die LUR aan te dring om onmiddelli­k stappe te neem om dit van ekonomiese ondergang te red.

“Terwyl daar gewag word op ‘n reaksie van die Spreker en sekretaris rakende die blitsdebat, is toerisme besig om in duie te stort. Gesinne, werknemers en ondernemin­gs trek swaar en kort voor lank gaan die hele gemeenskap verpletter wees,” het die verklaring afgesluit.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa