The Lowvelder

Een meisie herstel baie se waardighei­d

-

MBOMBELA - Tembe Cossa, ‘n oudNellie wat in 2018 gematrikul­eer het, het gedurende die inperkings­tyd die nood in haar gemeenskap, Matsafeni, raakgesien.

Cossa weet hoe dit voel om swaar te kry en dat één persoon wat uitreik ‘n verskil kan maak. Sy het besluit om daardie een persoon te wees.

“In my hart het ek besef dat ek nie almal sal kan help nie, maar dat ek kan probeer om ten minste ‘n verskil in ‘n paar meisies se lewens te maak,” het sy gesê.

Cossa het besluit om te fokus op meisies wat nie basiese sanitêre produkte kan bekostig nie.

Sy het Hoërskool Nelspruit se ondersteun­ingsdienst­e om hulp gevra.

“Ek het saam met my boetie gebly toe ek op skool was en dit was moeilik om my behoeftes met hom te bespreek. Die skool se ondersteun­ingsdienst­e het my gedurende dié tyd bygestaan en het in my behoeftes voorsien.”

Cossa se End Period Poverty SAprojek het almal by NHS opgewonde gemaak. Saam met die Nellie Hart, ondersteun­ingsdienst­e en SPAR DC Nelspruit is daar genoeg toiletware soos handseep, deodorant en sanitêre doekies vir ‘n groep skooldogte­rs van Matsafeni bymekaar gemaak. Die skenking is op Mandela-dag uitgedeel.

Cossa het haar storie met die meisies gedeel om hulle te bemoedig. Sy vertel dat sy ook swaar gekry het, maar dat sy hard gewerk het en goed gedoen het ten spyte van haar moeilike omstandigh­ede. Sy het hulle aangemoedi­g om die geleenthed­e wat aan hulle gebeid word, aan te gryp. Sy het hulle gevra om ook weer aan die gemeenskap en ander behoeftige­s terug te gee. By Hoërskool Nelspruit is dit ‘n instelling om ‘n gesindheid van diensbaarh­eid te kweek en terug te ploeg in die gemeenskap. Dié meisies het sommer dadelik daad by woord gevoeg en die strate van Matsafeni skoongemaa­k.

Cossa sê dit is net die begin. Sy is aktief besig om fondse in te samel om sanitêre produkte aan te koop, en haar doelwit is om vir meer as net dié 50 skooldogte­rs sanitêre produkte te verskaf.

NHS het nie gehuiwer om die oud-Nellie te ondersteun nie. Die doel van Nellies Care en Nellie Hart is om ‘n daadwerkli­ke verskil te maak. NHS wil die gemeenskap help - een uitreik op ‘n slag.

Kontak Faith Motau by fmotau@nelliesh. co.za vir meer inligting oor NHS se uitreikpro­jekte.

 ??  ?? Tembe Cossa en Nicolette Pruis van NHS-ondersteun­ingsdienst­e.
Tembe Cossa en Nicolette Pruis van NHS-ondersteun­ingsdienst­e.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa