The Lowvelder

Geselsies slaan die eensaamhei­d hok

-

Cecilia Engelbrech­t, 'n Care Buddy, gesels met haar skoonma, ouma Suzie, wat in die Rustig Ouetehuis in Witrivier woon.

Goeiemôre, ouma Suzie; ons queen.

Goeiemôre, my kind.

Ons het so lanklaas gekuier, maar gelukkig het Ouma ‘n ou foontjie, al is dit ‘n moderne touch screen wat nie die touch van die grysheid kan verstaan nie. Dis so lekker om met Ouma te kan praat. Kan Ouma onthou die hoeveelste dag van lockdown dit nou

al is?

Ja, ek en die foontjie... Hy maak nes hy wil. Dit is nou al so lank, maar ek dink dit is al meer as 100

dae. Die Here is goed vir my en dit is lekker hier by Rustig, maar té rustig is ook nie meer lekker nie. Ek verlang na my familie. Ek wil julle sien en saam met julle kuier.

Wat dink Ouma van die huidige omstandigh­ede?

Ek weet nie regtig wat aangaan nie. Ek hoor baie stories en wonder wat is waar en wat is nie. Maar ek is so dankbaar om in ‘n veilige plek te wees waar die virus nie naby kan kom nie, of so sê hulle. Oscar sê dit is maar ’n groot liegstorie; ek moet net nie vrees nie. Ek het lankal ophou dink.

Nou wonder ek maar net wanneer dit gaan ophou, want ek moet hierdie hare geperm kry. Hanna is goed vir ons. Sy sny en set, maar van perm wil sy niks hoor nie.

Dink Ouma nie dit is nou die einde van die perm-era nie?

Wat sê jy? Nooit! Ek moet nou hier uitkom. Ek kan nie meer hierdie slierte hanteer nie. Jy moet 'n Alice band en knippies bring, daardie wat die kinders gebruik. Hulle knip só vas dan val hulle

nie uit nie.

Ek sal so maak, Ouma. Dit is wonderlik dat ons pakkies kan afgee en dit was lekker om Ouma verlede week deur die

venster te kon sien.

Ek kon nie die trane keer nie, die oomblik was te groot. Ek wil so graag my agterklein­kind sien, hy is al drie maande oud.

My hart is baie seer,

maar ek glo dit gaan gou gebeur.

Hoe smaak die kos gedurende

lockdown?

Baie lekker! Ons word bederf met naartjies, gedroogte vrugte, sjokolade en nog baie meer; sommer baie lekker dinge. Soveel word vir ons gebring. Jy moet asseblief hierdie nommer vat, dan sê jy baie dankie vir

Dirkie vir die mooi lappie wat sy vir my gemaak het. Jy weet mos hierdie foontjie kan dit nie doen nie. Die personeel hier is wonderlik en baie goed vir ons. Sonder hulle sou ons dit nie gemaak het nie.

Ek maak so, Ouma. Wat doen Ouma tussen etes?

Ek gaan slaap ‘n uurtjie na middagete en sit verder in die sitkamer. Dit is al waar daar son is. Dit is maar eensaam en koud in die kamer.

Hoekom sit Ouma nie die verwarmer aan nie?

Haai, man! As almal verwarmers aanskakel, waar gaan Bruce geld kry om die krag te betaal?

Dit is waar, Ouma, maar die olieverwar­mer gebruik nie baie krag

nie. Sit hom maar aan as dit so koud is.

Ek sal dit doen, ek het nie geweet nie. Ek klim maar vroeg in die bed met die warmwaters­ak. So bly my voete warm.

Bel die kinders darem gereeld?

Ja, hulle bel elke dag. Gerrit het my gisteraand baie laat geskakel, so na 20:00. Dis altyd lekker om van hulle te hoor en dit help baie met die alleenwees.

Ons as kinders is trots dat Ouma so sterk staan. Dankie vir Ouma se gebede vir almal, ons bid ook almal vir Ouma vir gesondheid en moed.

Ouma moet lekker slaap en onthou ek is baie lief vir my moedertjie, ons queen.

 ??  ?? Cecilia en Ouma Suzie
Engelbrech­t.
Cecilia en Ouma Suzie Engelbrech­t.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa