The Lowvelder

Ma hoop hofsaak sal troos bring ná seun se gru-dood

- Buks Viljoen

MBOMBELA - “Dit is ‘n gesig wat ‘n mens nooit vergeet nie. As jy op ‘n ongeluksto­neel aankom, sien hoe die suurstofma­sker van jou kind se gesig afgehaal word en jy besef hy is dood.”

Dit is die toneel wat nou al meer as ‘n jaar nadat haar seun in ‘n gru-ongeluk dood is, steeds by Tershia Goetze spook.

Junior Edward Goetze (23), beter bekend as Kabous onder sy vriende en familie, is in die middernagt­elike ure van 12 Julie 2019 in ‘n kop-aan-kop botsing op die Kaapsehoop­pad dood.

Die ongeluk het gebeur toe Kabous se Nissan 1400-bakkie reg van voor deur sy goeie vriend en kollega, Larco Bam (30), se voertuig getref is.

Tershia sê as gesin sukkel hulle na maande steeds om berusting te kry.

“Ons grootste hoop is dat die strafbare manslag-hofsaak afgehandel word sodat dit vir eens en vir altyd bekend is presies wat daai nag gebeur het. En ook dat die een wat verantwoor­delik is vir sy dood, gestraf word.”

Volgens verskeie verslae van onder meer die polisie, ooggetuies en forensiese ondersoeke­rs wat Laevelder onder oë gehad het, wil dit voorkom asof Bam na bewering vir die ongeluk verantwoor­delik was.

Hy was glo op die noodlottig­e aand omstreeks 23:30 van die Nelspruit-lughawe, waar hy saam met ‘n groep vriende gekuier het, af op pad stad toe.

Hy het na bewering skynbaar in die verkeerde baan gery en toe reg van voor teen Kabous se bakkie vasgejaag.

Die impak van die botsing was so erg dat die Nissan 1400 sowat 25 m ver agteruit gestoot is voordat dit tot stilstand gekom het.

Kabous het verskeie noodlottig­e beserings opgedoen en is op die toneel dood. Bam se voertuig het gerol voordat dit teen ‘n lamppaal tot stilstand gekom het. Hy het net ligte beserings opgedoen en is kort na die ongeluk per ambulans na Mediclinic Nelspruit geneem en is na behandelin­g ontslaan.

“Dit is die verskrikli­kste gevoel om so laat in die nag ‘n oproep te kry om te sê jou kind was in ‘n ernstige ongeluk,” vertel Tershia.

Sy en haar man, Stephen, het na die toneel, sowat 500 m van Granietstr­aat af in die rigting van Kaapsehoop, gejaag. Met hulle aankoms het sy net gesien hoe ‘n paramediku­s die suurstofma­sker van haar seun se gesig afhaal.

“Toe weet ons alles is verby.”

Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur. Van die bewerings wat polisie ondersoek is of Bam wel dronk was ten tye van die ongeluk, en of daar kort daarna drankbotte­ls deur ‘n vriend wat op die toneel was, verwyder is.

Ander aspekte waarop Bam in die hof gaan moet antwoord is of hy en ‘n vriend wel kort voor die ongeluk “resies” gehou het, en of hy en ‘n vrou die oggend daarna drankbotte­ls uit sy verfrommel­de bakkie by die perseel van die insleepdie­ns verwyder het.

Hy het reeds twee maal in die hof verskyn, maar geen klagtes is nog aan hom gestel nie.

Tydens sy onlangse verskyning op 9 Julie is die saak tot 18 September uitgestel omdat sy regsvertee­nwoordiger beswaar gemaak het teen die twee forensiese ongeluksve­rslae in die dossier.

Hulle wil hul eie forensiese ondersoeke­r aanstel om ‘n verslag oor die ongeluksto­neel op te stel.

 ??  ?? Tershia Goetze se gedenktuin vir haar seun by die plek waar die ongeluk plaasgevin­d het.
Tershia Goetze se gedenktuin vir haar seun by die plek waar die ongeluk plaasgevin­d het.
 ??  ?? Junior Edward “Kabous” Goetze.
Junior Edward “Kabous” Goetze.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa