The Lowvelder

Outydse vermaak kry nuwe lewe by inry

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Met die son wat sak oor ’n eens oop parkeervel­d en die bak van ’n Ford F100, het families en vriende in byna 40 voertuie die eerste aand van die dorp se inry ondersteun.

In antwoord op die vraag, "Waar die idee vandaan kom?", het Petro Bekker, hooforgani­seerder van Vrydagaand se eerste inryfliek, slegs een woord gehad: "Corona".

Sy bestuur, soos baie ander, ’n venue met ’n bykomende gastehuis by Bingelela Beds and Venue, wat in hierdie stadium geen inkomste oplewer nie.

“Inryflieks is iets wat nie hier is nie, so ek dink dit was ’n goeie idee.

“En dis iets wat ons nodig het.”

Die film, Sweet Home Alabama, het Vrydagaand vertoon, maar Bekker sê hulle werk nog aan hoe ’n spesifieke aand se fliekkeuse bepaal sal word.

Hulle oorweeg dit selfs om Woensdae vir families of groepe soos boekklubs te reserveer.

“Ons het nie besef dit gaan so populêr wees nie, so ons het eintlik net films vertoon waarvan ons hou. Met tyd sal ons vir die mense vra: ‘Wat wil julle kyk?’ en ‘Waarin stel julle belang?’"

Bekker en sommige van haar vriende het ’n toetslopie gehou en daarna was hulle positief dat dit goed sou verloop.

Sy het gesê sy het tot dusver slegs goeie terugvroer gekry - veral oor die burgers wat op die aand verkoop is. 'n Groter skerm word ook beoog vir die toekoms.

Nie net bied dit ’n kans vir gesinne om uit die huis uit te kom nie, maar ook ’n geleenthei­d vir klein besighede om weer op die been te kom.

De Kleine Bar, bestuur deur Louise Botes en Stephany Milligan, het onder meer chip stix en koeldranke verkoop. Dié was hul eerste geleenthei­d om dit te doen.

Daar was ook ’n trokkie wat oliebolle verkoop het. Eienaar, Lynn-Marie Nienaber het gesê sy was dankbaar vir die geleenthei­d om vir die eerste maal sedert die inperking weer haar besigheid uit die motorhuis te kry.

 ??  ??
 ??  ?? Duncan Venter en Anro Bekker het maskers verkoop.
Voor: Pamela en Lauritz Jansen,
(agter) Lynn-Marie Nienaber.
Petro Bekker gee aanwysings.
Warren en Karen Lurie vier hul eerste huwelikshe­rdenking.
Duncan Venter en Anro Bekker het maskers verkoop. Voor: Pamela en Lauritz Jansen, (agter) Lynn-Marie Nienaber. Petro Bekker gee aanwysings. Warren en Karen Lurie vier hul eerste huwelikshe­rdenking.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa