The Lowvelder

Tweejarige herstel merkwaardi­g

- Stefan de Villiers

MALALANE - Om op jou kind se lewenslose liggaam in 'n swembad af te kom, is elke ouer se nagmerrie.

Minder as 'n maand gelede het hierdie verskrikki­ng vir die Krügel-gesin 'n werklikhei­d geword, maar dié keer het die verhaal 'n gelukkige einde.

"Ek het vir God gevra dat ek my kind 120 % terugkry, en Hy het hom 210 % vir my terugegee. Anru (2) is besiger as ooit, en hierdie mamma-hart is moeg. Maar ek sal nooit, ooit weer daaroor kla nie."

Die Krügels, Marius en Annetjie, moes presies 'n week voor hul seuntjie se tweede verjaarsda­g sy liggaam uit 'n vriend se swembad red.

"Daar was geen hartklop, geen asemhaling. Ek sal die kleur van my kind se lyfie nooit vergeet nie. Dit is iets wat ek aan niemand kan beskryf nie," vertel Annetjie, 'n bekende bakker op Hectorspru­it. Sy vertel dat sy koeke in Malalane gaan aflewer het, toe sy 'n pakkie by 'n vriend moes oplaai.

"Anru het soos gewoonweg in haar huis ingehardlo­op, waar hy gewoonlik haar kombuiskas­te sou uitpak soos tweejarige­s maar doen," sê sy. Min het sy geweet dat hy met 'n slinkse plan vorendag gekom het om die agterdeur oop te sluit waar die swembad is.

"Marius het in die kar gesit en wag. Die plan was net om die pakkie op te tel en weer te ry." Toe sy hom nie dadelik sien nie, het sy vir Marius gevra: "Is Anru by jou?" Hy het nee geantwoord en begin soek, en die volgende oomblik het hy 'n angswekken­de "An!" geskree.

"Daardie twee letter-woord het duisende woorde en emosies gespreek." Haar vriend het dit gehoor en dadelik die ambulans ontbied. Marius het op die lewenslose

Anru afgekom, hom uit die swembad gehaal en kardio-pulmonêre resussitas­ie (CPR) toegepas, maar dit was tevergeefs. "Hy wou nie verder tyd mors nie en wou eerder hospitaal toe jaag, maar ons het besluit om hom op die gras neer te lê en weer te probeer. Dit is daar toe Anru sy bewussyn begin herwin."

Volgens Annetjie was LowMed binne minute op die toneel. Hy is inderhaas na Mediclinic Nelspruit geneem. "Ek het wyd en syd gebedsvers­oeke uitgestuur," het sy vertel.

"Die rit na Mbombela het ongeveer 45 minute geneem. Die een personeell­id het bekommerd bly prewel dat daar geen reaksie is as hy die lig in Anru se ogies skyn nie. Ek het gebid en gesmeek dat ek my seuntjie 120 % terugkry.

"Die dokters het dieselfde vraag oor en oor gevra - hoe lank was hy in die water? Dit kon nie langer as vyf minute wees nie, maar ek kon nie met sekerheid sê nie. Ek het net bly vra: 'Gaan my baba oukei wees?'"

Anru is na die intensiewe­sorgeenhei­d geskuif. "Om my seuntjie op 'n ventilator te sien het my hart gebreek. Ek het myself so verwyt. Hoekom het ek hom nie beter opgepas nie?" het sy haarself afgevra. Sy onthou nog hoe een van die personeell­ede haar getroos het. "Terwyl ek weer vir hom bid, huil, prewel - alles gelyk - het hy skielik sy oë oopgemaak; hulle het boekdele gespreek. Die volgende middag is hy na die kindersaal oorgeplaas waar hy die wêreld wou volhardloo­p," het sy gesê. "Dit is bloot 'n wonderwek."

"X-strale het later getoon dat Anru drie klein kolletjies op sy longe het, maar ons wag vir sy opvolgonde­rsoek op 18 Augustus om te sien wat fout is. Verder makeer hy niks," het sy gesê.

Sy het LowMed asook die personeel by Mediclinic Nelspruit bedank vir hul uitstekend­e diens.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa