The Lowvelder

Virtuele skouspel ’n eerste vir Hoërskool Bergvlam

- Enver Wessels

MBOMBELA - In 'n onbetwiste eerste vir die Laeveld, gaan vanjaar se Mnr. en Mej. Bergvlam heeltemal 'n virtuele skouspel wees. Dit beteken dat alles wat die kompetisie behels, aanlyn gedoen sal word.

Die Vlammies se skakelbeam­pte, Mandy Barnard, vertel: "Ons inskrywing­s is aanlyn, ons onderhoude is aanlyn, ons vergaderin­gs en oefeninge is aanlyn. Selfs die beoordelin­g is aanlyn!"

Volgens Barnard is hierdie die negende jaar wat Yolandie O'Reilly die organiseer­der vir die byeenkoms is.

"Temas het al ingesluit 'Disney-prinse en -prinsesse', 'Sirkus', 'The Great Gatsby' asook die elemente (vuur, water, wind en aarde). Mnr. en Mej. Bergvlam is reeds al meer as 20 jaar deel van Hoërskool Bergvlam se ryk geskiedeni­s," het sy bygevoeg. Soos in die vorige nege jaar gaan daar steeds uitdagings aan die deelnemers wees.

"Dit sluit steeds 'n liefdadigh­eidsprojek in wat gemik is op ons eie gemeenskap wat die Bergvlam-beginsel van ubuntu verteenwoo­rdig. Verlede jaar het die deelnemers kragte saamgespan met Moving Mountains en vir hulle kankerpasi­ënte elkeen ‘n pakkie opgemaak, wat ‘n kniekomber­s, waterbotte­ls en 'n koffiebeke­r vir die lang dae tydens behandelin­g ingesluit het," het Barnard bygevoeg.

As gevolg van die virtuele formaat sal baie van die uitdagings video-opnames insluit, wat hand aan hand gaan met die Covid19-pandemie.

Dit sal natuurlik hande was, ontsmettin­g en maskers dra as fokuspunt insluit.

Sy het ondersteun­ers aangemoedi­g om op die uitkyk te wees vir die leerlinge se TikTok-videos.

"Ons wil graag weer ons beoordelaa­rs van Ramps to Runway, Manda Gomes,

Mej. Mpumalanga-organiseer­der, Jacques Lombaard en Brenda Botha Thambe van MUD South Africa aan boord hê vir hierdie geskiedkun­dige byeenkoms."

Omrede die kompetisie vanjaar virtueel is, het die organiseer­ders die besluit geneem dat die gr. 10-, 11- en 12-leerders ook mag deelneem.

Volgens Barnard kan alle inskrywing­s op die skool se aanlynklas, Moodle, gedoen word.

"Leerders word genomineer om in te skryf, maar daar is ook geleenthei­d vir dié wat dink hulle is reg vir hierdie uitdaging om self te kan inskryf," het sy gesê.

O'Reilly het gesê dat Mnr. en Mej. Bergvlam-finaliste ambassadeu­rs vir die skool se waardestel­sel is.

"Dit is 'n baken van lig vir die gemeenskap en vir hul eweknieë. Hulle leer om kreatief te wees en aan te pas by situasies buite hul gemaksone.

"Hoewel dit welbekend staan as 'n glansgelee­ntheid, is dit soveel meer as 'n skoonheids­kompetisie.

"Dit leer leerders om hul innerlike skoonheid te gebruik om ander te bevoordeel, omdat ons groei deur ander te ondersteun."

 ??  ?? Yolandie O’Reilly, Manda Gomes van Ramps to Runway en Esmari Grobler.
Yolandie O’Reilly, Manda Gomes van Ramps to Runway en Esmari Grobler.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa