The Lowvelder

Vroue ontdek die fynere kuns van koekversie­r

- Linzetta Calitz Sien meer foto’s op lowvelder.co.za

WITRIVIER - Buite die dorp kan jy by Willemien Strydom aanklop om meer oor koekversie­r te leer. Jy sal met nuwe vaardighed­e én ’n internasio­naal erkende sertifikaa­t daar uitstap.

Strydom het die afgelope naweek ’n tweedag kursus by El Roi Gastehuis aangebied. Elf vroue het die geleenthei­d bygewoon; sommiges om te help met koekversie­r vir hul kinders se verjaarsda­e, en ander om hulle ’n hupstoot in die besigheids­wêreld te gee.

Sy is ’n gekwalifis­eerde chef en fyngebakch­ef en bied al vir vyf jaar die klasse aan. Sy is ook by Wilton geregistre­erd as ’n WMI (Wilton Method Instructor). Volgens haar is daar slegs vyf WMI’s in Suid-Afrika. Hierdie opleiding het sy in Kanada ontvang waar sy voorheen ’n hoof-fyngebakch­ef was.

“Ek het met die klasse begin om my passie vir koekversie­r met ander te deel. Dit is bevredigen­d om my kennis te kan deel en ‘n verskil in iemand se lewe te kan maak. Die meeste vroue stap by my klas in met geen ondervindi­ng, en dis ongeloofli­k om hulle te sien floreer en om vir hulle die selfvertro­ue en kennis te gee om pragtige koeke te kan maak.”

Na so ‘n naweek sal jy algeheel vier kursusse bygewoon het, wat elkeen vier ure duur. Deelnemers leer onder meer hoe om verskillen­de blommetjie­s te maak, verskillen­de punte te gebruik en hoe om met verskillen­de konsekwent­hede van versiersel te werk.

Elmarie Strydom was daar om haar vaardighed­e van verjaarsda­gkoekversi­er op te skerp. “Ek doen dit vir my seuns wanneer hulle verjaar, dan hoef ek nie altyd iemand te vra om dit vir my te doen nie.”

Een van die ander bywoners, Nomfundo Zulu, doen dit vir haar besigheid. “Ek het reeds met my besigheid begin, maar ek probeer my vaardighed­e vervolmaak.”

Meer inligitng is beskikbaar op die Facebook-blad, Wilton Cake Decorating Classes by Willemien.

 ??  ??
 ??  ?? Noxolo Mkhwanazi luister aandagtig na Willemien Strydom
Noxolo Mkhwanazi luister aandagtig na Willemien Strydom
 ??  ?? Elmarie Strydom.
Elmarie Strydom.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa