The Lowvelder

DIS DONKER IN EHMKE STRAAT

-

Swak onderhoud en beplanning aan die kant van die Mbombelaow­erheid, sonkragste­lsels, mense wat kriptogeld myn en kragstelse­ls wat oorlaai word, dra by tot die voortslepe­nde onderbreki­ngs in die stad, skryf Buks Viljoen

MBOMBELA - Dit is veral die Ehmke-, Mostert- en Roodstraat­kluster wat tans die hardste getref word.

Die kragtoevoe­rprobleme wat in die stad ondervind word kan hoofsaakli­k toegeskryf word aan twee faktore: aan die een kant is dit die verbruiker­s in die kluster, en aan die ander kant swak onderhoud en beplanning deur die owerheid.

Dit is die gevolgtrek­king wat gemaak word nadat Laevelder die afgelope week met verskeie kragkenner­s oor die tydige en ontydige onderbreki­ngs gepraat het.

Die koerant is die afgelope tyd oorval deur klagtes van veral sakemanne wat ondernemin­gs in die gebied bedryf.

“Die probleem lê by die kragverspr­eidingsnet­werk wat oorlaai word,” sê ‘n plaaslike elektriese ingenieur wat verkies het om anoniem te bly.

Volgens hom is dit ironies dat die meeste onderbreki­ngs omstreeks 08:00 begin wanneer sakeondern­emings oopmaak. Ligte, rekenaars en lugversorg­ers word aangeskake­l. Daar is dan eensklaps baie druk en die kragstelse­l, wat deur die Anderson-substasie bedien word, kan nie bybly nie.

Dan is daar ook swak beplanning en instandhou­ding van die kragnetwer­k deur die owerheid.

“Die kluster is oorspronkl­ik as ‘n woongebied beplan en uitgelê,” sê Linda Grimbeek, hoofbestuu­rder

van Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism (KLCBT).

Die afgelope twee dekades is die meerderhei­d van die huise in kantore omskep. Baie daarvan is gesloop en multiverdi­eping-woonstelle en sakegeboue is opgerig.

“Dit is hier waar Mbombela destyds al beter beplanning moes gedoen het. Die ontwikkeli­ng het so vinnig geskied dat hulle nie kon byhou met die voorsienin­g van aanvraag nie.”

Steve Schormann, ’n raadslid van die owerheid, sê daar is twee ander moontlike redes wat kan bydra tot die krisis.

“Die hoeveelhei­d krag wat die myn van kriptogeld gebruik is astronomie­s. Die raad is besig met ‘n ondersoek oor die kuberplase in die kluster. Daar is skynbaar heelwat van hulle.”

Die ander moontlike oorsaak van onderbreki­ngs is inwoners en ondernemin­gs wat sonkragste­lsels opgerig het.

Sulke aanlegging­s moet by die owerheid aangemeld word sodat sy ingenieurs die kragnetwer­k kan balanseer.

Wanneer die sonkragste­lsel skielik krag uit die netwerk begin trek, of selfs wanneer hulle ‘n oorskot daarvan in die netwerk laai, word dit onbestendi­g.

Grimbeek sê die siviele ingenieurs­afdeling van Mbombela het die afgelope weke volstoom gewerk om netwerkfou­te reg te stel.

“Die laaste probleme is Maandag herstel. Die stadsraad het ook ‘n deel van die kluster se kragnetwer­k na ‘n ander voerder in die Anderson-substasie oorgeswaai,” sê sy.

“Die elektriese afdeling het werklik alles gedoen wat hulle kon om die probleme

‘Die hoeveelhei­d krag wat die myn van kriptogeld gebruik is astronomie­s. Die raad is besig met ’n ondersoek’

aan te spreek.”

‘n Noodvergad­ering tussen die KLCBT en die owerheid word vir later die week beplan.

Joseph Ngala, woordvoerd­er vir Mbombela, sê die grootste probleem was kabel- en transforma­torfoute wat verlede week ontstaan het.

“Dit het tyd gevat, maar die lynfoute is een vir een hanteer. Teen Maandag was kragtoevoe­r weer normaal.

“Maandagogg­end was daar egter weer ‘n onderbreki­ng en nog ’n fout is by die Anderson-substasie, waar een van die verspreidi­ngseenhede nie die verhoogte kraglading reg hanteer het nie, ontdek. Dit is Dinsdag herstel en ons glo die kragkrisis is voorlopig iets van die verlede,” sê Ngala.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa