The Lowvelder

Sakpas-vertonings wag by Blue Moon 2020

- Desiré Fourie

Blue Moon het die afgelope naweek behoorlik weer lewe gekry met die eerste vertoning van die Blue Moon 2020-konsertree­ks.

Jay en Lianie het Vrydagaand die verhoog betree met Nicholis Louw as die gaskunsten­aar vir die aand. Robbie Wessels was die hoofverton­ing van Saterdagaa­nd en Nádine het die gehoor betower met haar fluweelste­m.

Murray Lubbe, een van die organi-seerders van Blue Moon 2020, het gesê dat die eerste naweek van vermaak goed verloop het.

"Die gehoor was dalk nog 'n bietjie klein, maar die energie was hoog en ons is almal gelukkig met die eerste naweek. Ons sien uit na die volgende paar vertonings en om Laevelders by ons te hê," vertel Lubbe.

Die volgende konserte in die reeks is op 4 en 5 Desember met onderskeid­elik Karlien van Jaarsveld en Bok van Blerk.

"Ons het ook 'n paar lesse geleer met die verloop van die eerste naweek wat ons dadelik aanpas vir die volgende rondte," vertel Johan Ferreira, mede- aanbieder van die vertonings.

"Twee groot veranderin­ge is; na 'n jaar van swaar trek besef ons dat gesinne nie die konsert kan bywoon as kinders volprys moet betaal nie, so ons het die besluit gemaak dat voor- en laerskoolk­inders gratis kan inkom.

“Tweedens kom ons agter dat Laevelders graag 'n fisiese kaartjie wil koop eerder as om aanlyn te sukkel, dus sal kaartjies vir al die vertonings beskikbaar wees by www.itickets.co.za, Rooikat Liquors, Suikerboss­ie Teetuin en Radio Laeveld.

Hulle sal ook voor elke vertoning by die hek beskikbaar wees, hoewel ons mense sterk aanraai om eerder vooraf te koop om verseker te wees van plek,” sê Ferreira.

 ??  ?? Lianie May het Vrydagaand opgetree.
Robbie Wessels het baie energie op die verhoog gehad.
Nicholis Louw.
Jay glimlag vir die kamera.
Nádine het die verhoor betower.
Lianie May het Vrydagaand opgetree. Robbie Wessels het baie energie op die verhoog gehad. Nicholis Louw. Jay glimlag vir die kamera. Nádine het die verhoor betower.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa