The Lowvelder

‘Ek het vir my pa gespeel’

- Stefan de Villiers

Phakisa Pumas-losvoorspe­ler Willie Engelbrech­t se verdedigin­g teen die Vodacom Bulls was Saterdag in Pretoria soos altyd ondeurdrin­gbaar.

Dít ondanks die feit dat hy net die vorige dag op die bus onderweg na die Loftus Versfeld moes verneem dat sy pa en grootste steunpilaa­r in ’n motorongel­uk oorlede is.

Hy sou aanvanklik nie vir dié kragmeting uitdraf nie, maar het tog besluit om juis sy pa se nalatenska­p op hierdie wyse te eer. Dit was ’n hartroeren­de oomblik toe die Pumas kort voor die wedstryd ’n oomblik van stilte aan Willie se pa gewy het en hy ’n swart band met die woord “DAD” op sy arm gesoen het.

Sy pa, Buks, was onderweg na Ermelo toe hy in ’n trompopbot­sing betrokke was. “Ek het die wedstryd vir hom gespeel. Ek het met sy stem in my kop op die veld gedraf. Dit is hoe hy dit sou wou gehad het,” het Willie gesê na afloop van sy 51ste wedstryd as agtsteman vir die Pumas.

"Hy was my held, en dit sal altyd so bly. Ek kon nie vir ’n beter pa vra nie. Hy was my beste vriend en ek hoop om eendag die helfte die man en pa te wees wat hy was,” het hy gesê.

Teen halftyd Saterdag was die Pumas 21-0 agter. Hulle het gesukkel om hulle ritme te vind. Maar met die aanbreek van die tweede helfte het ’n gemotiveer­de, doelgerigt­e span die veld opgedraf en die Bulls in hul spore gestuit.

Engelbrech­t het vertel dat hoofbreier, Jimmy Stonehouse, se woorde: “Julle kan, julle is beter as wat julle dink”, hulle aangespoor om geen verdere punte in die tweede helfte af te staan nie. HP van Schoor het ’n drie vir die span gedruk en die eintelling was 21-5.

“Ek het deurgans gebid dat ek nét my pa trots kon maak, met die woorde: ‘Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou’ in my agterkop.

“My pa het my deur goed en sleg altyd bygestaan en beskerm met alles wat hy het,” het hy gesê en bygevoeg dat Buks nooit een van sy wedstryde gemis het nie. Willie het selfs die voorreg gehad om ses wedstryde saam met sy pa te speel, en onthou nog hoe hy hom as kannetjie langs die veld aangemoedi­g het.

“Hy het my in myself laat glo. Voor elke wedstryd was sy woorde: ‘Doen net jou bes, wees by die bal en (op ’n skertsende wyse) druk drie drieë’.”

Sy laaste woorde aan sy seun en dié se verloofde, Samantha Venn, was telefonies kort voor Willie op die bus geklim het. “Hy het gebieg oor hoe baie hy uitsien om in April oupa te word, gevolg met: “Love you lots”.

“Elke wedstryd wat ek voortaan speel, gaan ek speel om hom trots te maak. Ek is geëerd om ’n goeie span en ondersteun­ingsgroep te hê en saam met hulle sal ek my kop altyd hoog hou,” het hy afgesluit. Die Pumas kom Vrydagaand in die eerste wedstryd van die Carling Currie Cup teen die Cell C Sharks in Durban te staan.

Dit is nog nie bekend of Willie dié wedstryd gaan meemaak nie.

 ??  ?? Willie Engelbrech­t voer ‘n plettervat op Travis Ismaiel Saterdag op Loftus Versfeld uit. > Foto: Christiaan Kotze/ BackpagePi­x.
Willie Engelbrech­t voer ‘n plettervat op Travis Ismaiel Saterdag op Loftus Versfeld uit. > Foto: Christiaan Kotze/ BackpagePi­x.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa