The Lowvelder

Wat AfriForum sê

-

AfriForum het met afgryse kennis geneem van die voorval by die Witrivier-polisiesta­sie vroeër vandeeswee­k.

“AfriForum het reeds kontak gemaak met Delia Human en Barend Byliefeldt wat geraak is deur die voorval, en daar word deurentyd leiding en ondersteun­ing gebied. Gister is die persone deur AfriForum bygestaan om kriminele klagtes aanhangig te maak.

“Die aangeleent­heid sal ook na PSIRA verwys word vir verdere ondersoek. Die oënskynlik­e nalatighei­d deur die SAPD sal deur AfriForum se privaat vervolging­seenheid ondersoek word, waarna alle klagtes wat gelê is in dié verband met valkoë dopgehou sal word om seker te maak dat geregtighe­id geskied,” sê Marnus Kamfer van AfriForum.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa