The Lowvelder

Jo Black se voorstoepv­erskyning ’n ervaring

- Linzetta Calitz

MBOMBELA - Nie eers Saterdagaa­nd se onverwagse reën kon die intieme Innibos In jou huiskonser­t met Jo Black bederf nie.

Antoinette en Jacques Goosen was die gashere vir die eerste van hierdie konserte en het gelukkig ’n ruim voorstoep wat snoesig ingerig kon word toe die hemels oopmaak.

Daar is nog ses konserte van hierdie soort op pad met Refentse, Elvis Blue, Roan Ash en meer. Black het by die klanktoets al die gehoor betower en selfs gesê hierdie tipe konserte is eintlik sy gunsteling.

“Dit is van die lekkerste, want dit is waar jy rou en eerlik kan wees. Die mense hier gaan weet waaroor gaan my musiek. Dis nie net van luister nie; jy ervaar dit.”

Hy het gesê selfs gedurende die grendeltyd­perk

het hulle nie sulke konserte gehad nie. “Ons het maar ons eie musiek geluister net om die woorde te onthou,” het hy spottender­wys opgemerk.

Vir so ’n intieme gehoor het hy ’n gunsteling­liedjie, “Vrede”.

“Dis ’n lied wat ek vir my oupa geskryf het en wat great is, is elke woord in daardie storie is ’n ware gesprek tussen my en die ou toppie. Dit maak dit spesiaal.”

 ??  ?? Bo foto: Nicci Cicione en Anmari Jones. Onder foto: Jo Black.
Bo foto: Nicci Cicione en Anmari Jones. Onder foto: Jo Black.
 ??  ?? Etienne en Zida de Villiers saam met Cobus Raath.
Etienne en Zida de Villiers saam met Cobus Raath.
 ??  ?? Leyla en Tarquin Lundie.
Leyla en Tarquin Lundie.
 ??  ?? Sandra Jacobs, Jo Black, Adelene Niehaus en Philna Scholtz.
Sandra Jacobs, Jo Black, Adelene Niehaus en Philna Scholtz.
 ??  ??
 ??  ?? Lizelle en GT Lundie.
Lizelle en GT Lundie.
 ??  ?? Gashere Antoinette en Jacques Goosen.
Gashere Antoinette en Jacques Goosen.
 ??  ?? Hetro Homann en Micke van Reede van Oudtshoorn.
Hetro Homann en Micke van Reede van Oudtshoorn.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa