The Lowvelder

Vlammies vier pi met ’n ‘paai’

-

MBOMBELA - Hoërskool Bergvlam het vroeër vandeesmaa­nd vir die sewende agtereenvo­lgende jaar Pi-dag gevier met 262 Vlammies wat elkeen ’n pi-T-hemp, ’n pastei en ’n koeldrank by hulle wiskundeon­derwysers bestel het.

Joan van Tonder, hoof van wiskunde by Hoërskool Bergvlam, is sedert 2014 betrokke by die vieringe en sê die geleenthei­d groei elke jaar.

Pi-dag word regoor die wêreld gevier op 14 Maart (3/14). Pi is ’n wiskundige konstante wat die verhouding van ’n sirkel se omtrek tot sy deursnit voorstel. Die Griekse simbool π word in wiskunde gebruik vir die verhouding. Pi is al bereken tot oor ’n triljoen syfers na die desimale komma, en as ’n irrasionel­e en transenden­tale syfer sal dit oneindig voortgaan sonder herhaling of ’n patroon.

 ??  ?? Pi-personeel: Gerhard van der Walt, Joan van Tonder, Deon Visser, Esmari Grobler, (agter) Tristan Hurter, Magda Wolmarans, Riekie du Preez, Lindie Roux en Janine van der Merwe.
Pi-personeel: Gerhard van der Walt, Joan van Tonder, Deon Visser, Esmari Grobler, (agter) Tristan Hurter, Magda Wolmarans, Riekie du Preez, Lindie Roux en Janine van der Merwe.
 ??  ?? Nomathemba Nthembu.
Nomathemba Nthembu.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa