The Lowvelder

Aladdin uiteindeli­k op die towertapyt

- Linzetta Calitz

WITRIVIER - ’n Jaar na die produksie éintlik opgevoer moes word, het Aladdin deur die Elana Burger Dance School uiteindeli­k verlede week die planke in Hoërskool Rob Ferreira se skoolsaal gehaal.

Burger het verduideli­k hoe die grendeltyd­perk hulle verhoed het om voort te gaan met die oorspronkl­ike datum verlede jaar, maar het ook gesê sy is dankbaar dat hulle eindelik kon voortgaan.

“Die ouers het aanmekaar gebel en gevra ‘wanneer, wanneer, wanneer?’, want die klere word te klein; jy weet, in ’n jaar groei ’n kleintjie.”

Twee van haar dansers was ook reeds Pretoria toe om te gaan studeer, maar het spesiaal vir die opvoering teruggekom.

Een van dié dansers, Noluthando Mathebula, wat die rol van die djin vertolk het, het ’n plek in ’n dansgesels­kap by Oakfields College ontvang.

“Dis my eerste wat opgeneem is in ’n dansgesels­kap, so ek is baie trots op haar. Sy dans al vir 15 jaar by my - ek het haar grootgemaa­k,” het Burger gesê.

Bruce Macaulay was die verteller en het vanuit die gehoor voor elke bedryf uitgebrei oor wat verwag kon word.

Dogters van ouderdomme tussen drie en 19 kon op die verhoog gesien word en elkeen het op haar manier die gehoor betower. Die jongstes het veral ook ’n reaksie uitgelok in hulle skattige pakkies.

 ??  ?? Sahar Mohajer.
Sien meer foto’s van die produksie op www.lowvelder.co.za
Sahar Mohajer. Sien meer foto’s van die produksie op www.lowvelder.co.za
 ??  ?? Aldenay Oosthuizen en Uanel le Roux.
Aldenay Oosthuizen en Uanel le Roux.
 ??  ?? Noluthando Mathebula.
Noluthando Mathebula.
 ??  ?? Simoné de Beer en Laenic van Wyk.
Simoné de Beer en Laenic van Wyk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa