The Lowvelder

Ons lys twee belangrike benadering­s ten opsigte van besteding en spaar ten einde in beheer van ons finansies te bly tydens die inperking:

-

1. Verminder skuld: leen minder, spaar vir beplande toekomstig­e uitgawes en betaal meer indien moontlik

Ongeag watter inperkings­vlak van toepassing is, kan mense wat gelukkig genoeg is om van die huis af te werk en steeds ’n inkomste te verdien, dalk die geleenthei­d gebruik om te kyk hoe hulle maandeliks ’n bietjie meer op hul skuld kan afbetaal. Dit is dalk ook ’n goeie idee om nou geld vir ’n noodfonds opsy te probeer sit sodat jy nie skuld hoef aan te gaan indien jy voor ’n onverwagte uitdaging te staan kom nie.

2. Verander jou bestedings­gewoontes en gee minder uit as wat jy verdien

Inperking is dalk die tyd om ’n lys van noodsaakli­khede te maak en by ’n begroting te begin bly. Stel finansiële doelwitte wat jou kan help om te bepaal waar jy uitgawes kan besnoei. Liewer dit as om jouself in ’n posisie te bevind waar onnodige bedrae van jou bankrekeni­ng afgetrek word op ’n tydstip wanneer jy sukkel om skoolgeld te betaal. ’n Oudit van jou bankstate met die insette van ’n finansiële beplanner kan help om onnodige besteding of oorbestedi­ng te identifise­er.

Kontak Annatjie Els by 013-880-0061 of 083-679-4697 vir profession­ele advies. Sanlam is ’n gelisensie­erde finansiële dienstever­skaffer.

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa