The Lowvelder

Bid vir baba MJ Erasmus

- Ciska Smit

Medies gesproke is daar niks meer wat vir MJ Erasmus gedoen kan word nie.

Laevelders het vir die afgelope ses maande saam met die Erasmusges­in gejuig, gehuil en gebid.

MBOMBELA - Medies gesproke is daar niks meer wat vir MJ Erasmus gedoen kan word nie.

Laevelders het vir die afgelope ses maande saam met die Erasmusges­in gejuig, gehuil en gebid.

Die gesin het verlede jaar dr. Michael Lippert, ’n pediatries­e neuroloog, by die Unitas Hospitaal in Centurion gaan sien. Nadat die gesin Lippert vroeër die week weer besoek het, het Belinda Erasmus, MJ se tante, namens die gesin ’n boodskap op Facebook geplaas: “Medies gesproke is daar niks wat hulle vir MJ kan doen nie. Sy brein is besig om te krimp wat gaan veroorsaak dat hy net gaan ophou asemhaal.”

“Wat nou gebeur is vir ons as ouers die bitterste pil om te sluk. Ons kind is besig om stadig voor ons dood te gaan en ons kan niks doen nie. Tyd is nou in die Here se hande. Ons as gesin het God nou nodiger as ooit!” sê MJ se ma, Adri.

Na hul besoek aan Lippert het die gesin MJ huis toe geneem met sterker pynmedikas­ie en verdowings­middels sodat hy gemaklik gehou kan word.

Voor sy geboorte is ses maande oue baba MJ met klompvoetj­ies gediagnose­er, en dadelik na sy geboorte het verdere komplikasi­es met sy stryd om op sy eie asem te haal, weens longontste­king en hartversak­ing, begin.

Na verdere toetse is MJ later met agenesie van die corpus callossum asook kraniosino­stose gediagnose­er, wat beteken dat hy nooit op sy eie sal kan asemhaal en sy brein nooit verder as dié van ’n pasgebore baba sal ontwikkel nie.

Op 19 September moes die Erasmus-gesin ’n moeilike besluit neem. “Ons moet klein MJ laat gaan. Dit is geen lewe vir ’n kind om permanent aan ’n ventilator gekoppel te wees nie,” het Adri in November aan Laevelder gesê.

Hy is toe na die palliatiew­e sorgsentru­m oorgeplaas, maar drie dae later gebeur ’n wonderwerk en hy begin op sy eie asemhaal.

Desember en Januarie was ’n groot uitdaging vir die gesin nadat hy ’n voedingsbu­is deur sy neus nodig gehad het en Adri, Marius (MJ se pa) en MJ positief getoets word vir Covid-19.

Die gesin bedank die gemeenskap vir hulle gebede tot dusver, in besonder vir Bianca Ferreira wat namens hulle ’n lotjie-fondsinsam­eling hou om MJ se mediese onkostes te dek.

 ??  ??
 ?? > Foto: Verskaf ?? Adri en MJ in die buitelug.
> Foto: Verskaf Adri en MJ in die buitelug.
 ??  ?? MJ se voetjies was in gips om dit te help herstel.
> Foto: Facebook
MJ se voetjies was in gips om dit te help herstel. > Foto: Facebook
 ?? > Foto: Verskaf ?? MJ se sesjarige sussie, Miecke, het baie liefde om vir haar boetie te gee.
> Foto: Verskaf MJ se sesjarige sussie, Miecke, het baie liefde om vir haar boetie te gee.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa