The Lowvelder

Pirates en Impis laat hul teenstande­rs les opsê

- Stefan de Villiers

Die interne NHS Westvaal T20krieket­beker het onlangs kookpunt bereik toe die vier betrokke spanne op 23 en 24 Maart in die laaste wedstryde kragte gemeet het.

Die wenner in dié interne reeks is volgens ’n gekombinee­rde puntetabel bepaal.

Die eerste eindstryd tussen die Isuzu Impis en Opel Oryx het in ’n oorwinning vir eersgenoem­de geëindig toe hulle

106 lopies vir nege aangeteken het. Oryx het 73 lopies aangeteken, almal uit; dus stap die Impis met ’n 33 lopie-wen weg. Die beste kolwer was Vaughn van Zyl met 23 lopies en die beste bouler Kobus Steyn met vier paaltjies geneem en 17 lopies afgestaan in drie beurte.

Die volgende dag het die Peugeot Pirates en die Citroën Cyclones sake op die veld uitgespook. Eersgenoem­de het met 73 lopies geseëvier na 154/5.

Die Cyclones is vir slegs 81 lopies uitgeboul.

Die Pirates se beste kolwer was

Hannes Feuth met 43 lopies van 18 balle, en hulle beste bouler was Ruvan Joubert wat vyf paaltjies geneem het en slegs agt afgestaan het in vier beurte.

Na afloop van die laaste wedstryd is die puntetabel opgedateer en is die bogemoemde toekenning­s gemaak.

Die Peugeot Pirates met Hugo Coetser aan die stuur van sake en Morné van der Merwe het as die algehele wenners weggestap en die NHS Westvaal T20krieket­beker omhoog gehou.

 ?? > Foto’s: Hennie Homann/hhphotoxpr­ess.co.za ?? Christo Nel, kaptein van die Citroën Cyclones.
> Foto’s: Hennie Homann/hhphotoxpr­ess.co.za Christo Nel, kaptein van die Citroën Cyclones.
 ??  ?? Hugo Coetser, kaptein van die Peugeot Pirates.
Hugo Coetser, kaptein van die Peugeot Pirates.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa