The Lowvelder

Presterend­e onnies van Bergvlam word vereer

- Kara van der Berg

MBOMBELA Drie onderwyser­s van Hoërskool Bergvlam is onlangs deur die Departemen­t van Onderwys vir hul prestasies vereer.

Louise Fullard, Chereze Blom en Simonè de Jager het toekenning­s ontvang vir prestasies in hul vakke; Fullard vir Afrikaans eerste addisionel­e taal, Blom vir Engels huistaal en De Jager vir Afrikaans huistaal.

Die Departemen­t van Onderwys maak hierdie toekenning­s gebaseer op die onderwyser­s met die beste opstuurpun­te.

Fullard het ook onlangs die Golden Key van Noordwes Universite­it, waar sy verder studeer, ontvang. Hierdie word toegeken aan die top 15 persent studente in ’n graadrigti­ng.

Blom en Fullard het al voorheen talle toekenning­s ontvang.

“Ons is geëerd om onderwyser­s van hierdie gehalte te hê,” het die skool in ’n persvryste­lling gesê.

 ??  ?? Louise Fullard.
Louise Fullard.
 ??  ?? Chereze Blom.
Chereze Blom.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa