The Lowvelder

Deel jou mening met ons op Facebook

-

Landelike gemeenskap moet beskerm word, sê VF Plus

“Die VF Plus in Mpumalanga veroordeel die wrede moord van Annemarie Botha en haar gestremde seun Ruan Brits op ’n plaas naby Nelspruit in Mpumalanga oor die naweek.

“Die VF Plus is eweneens geskok oor die wreedheid van die aanval op twee weerlose mense wat al sinoniem met plaasaanva­lle geraak het. Dit is tekenend van ’n afgestompt­e gemeenskap.

“Die vermoë van die polisie en die ANC-regering om die landelike veiligheid­splan in werking te stel, moet ook veroordeel word. Alles moontlik moet gedoen word om die landelike gemeenskap te beskerm, en die regering sleep voete hiermee. Dit is onaanvaarb­aar.

“Die VF Plus betuig sy innige meegevoel met Fanie Botha en die oorledenes se naasbestaa­ndes met die verlies,” sê Werner Weber, provinsial­e leier van die VF Plus in Mpumalanga.

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa