The Lowvelder

Feeding Frenzy eis diere terug na DBV-saak

-

MBOMBELA - Die klagtes van wreedheid teenoor en verwaarlos­ing van diere wat deur die DBV Nelspruit teen Derick Barnard van die plaaslike troeteldie­rwinkel, Feeding Frenzy, aanhangig gemaak is, is die week deur die hof uitgegooi.

Die klagtes het ingesluit dat diere in vuil hokke aangehou is, dat daar nie genoegsame kos en skoon water was nie, dat te veel diere hokke wat te klein was moes deel, dat vistenks nie skoongemaa­k is nie en dat daar weinig aandag aan die diere se gesondheid geskenk is.

Jaice Terblanche van die prokureurs­firma Terblanche Attorneys, wat namens Barnard optree, het gesê dat sy kliënt beplan om die diere waarop die DBV beslag gelê het, terug te eis. Hy het reeds ’n brief in die verband aan die DBV gestuur. Volgens hom het die DBV buite die magte van die lasbrief wat uitgereik is, opgetree, en dit is hoekom die saak uitgegooi is.

Intussen het Barnard verlede Vydagoggen­d die DBV besoek om navraag te doen oor sy eiendom, maar behalwe ’n paar hokke het daar niks oorgebly nie.

Daar is vroeg in 2020 op meer as 300 diere beslaggelê. Laevelder het verlede maand berig dat die laaste van die diere wat verlede Februarie gekonfiske­er is, uitgesit is. Sommige van die gelukkiger diere het wel huise gekry. Die voëls wat uitgesit moes word, was weens die DBV se beleid dat voëls nie aangeneem mag word nie.

Die diere wat gekonfiske­er is, sluit ’n verskeiden­heid hoenders, krimpvarki­es, voëls, hamsters, rotte, chinchilla­s, wurms, krieke, eende, muise en konyne in.

Oor die saak wat uigegooi is het Barnard gesê: “Dit voel goed. Net jammer dat soveel diere hulle lewens moes verloor nadat so baie mense hulle hulp aangebied het.”

Lize Pienaar, ondervoors­itter van die DBV Nelpruit, het gesê sy sien Woensdag hul prokureur “en wie ook al nodig is om te sien. Al wat ek nou kan sê, is dat die diere sewe dae na die konfiskeri­ng die wettige eiendom van die DBV geword het, aangesien hy (die eienaar) geen eis ingedien het nie.

“Ek sal verder kommentaar lewer wanneer ek presies weet wat die pad vorentoe gaan wees.”

Terblanche het gesê hulle is nie bewus van hierdie sewedagbel­eid van die DBV nie.

Hulle is tans besig om die skade wat Barnard gely het, te bereken en sal dan ’n besluit neem oor die kwessie van skadevergo­eding.

 ??  ?? Daar is vroeg in 2020 op meer as 300 van die troeteldie­rwinkel, Feeding Frenzy, se diere beslaggelê.
Daar is vroeg in 2020 op meer as 300 van die troeteldie­rwinkel, Feeding Frenzy, se diere beslaggelê.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa