The Lowvelder

Trekkerrit deur vyf provinsies word beplan vir liefdadigh­eid

- Michelle Boshoff en Chelsea Pieterse

LYDENBURG - Groot opgewonden­heid heers reeds by Soli Deo Gloria Sorgsentru­m. Pediatric Care Africa (PCA) het laat weet dié sentrum is een van die plekke waar die “On TrackTor”-trekker gaan stop tydens sy 2 500 km-rit deur vyf provinsies.

John Deere Suid-Afrika en Mascor in Rocky Drift buite Witrivier het die PCA geborg met ’n splinternu­we John Deere 6095B-trekker. Die rit het dit ten doel om fondse vir siek kinders wat mediese behandelin­g en operasies moet ontvang, in te samel.

Dit begin Sondag 2 Mei om 09:00 by die White River Square en eindig weer daar op Saterdag 15 Mei om 13:00.

Die PCA wil met hierdie projek ten minste R250 000 insamel.

Dr. André Hattingh, die stigter van die PCA, kan per kilometer geborg word of ’n eenmalige skenking kan gemaak word. PCA doen ’n beroep op alle boere-unies en organisasi­es langs die trekkerroe­te vir hulp. Hospitale en dokters kan die organisasi­e help met pro bono-behandelin­gs of -operasies vir die kinders wat deur die organisasi­e ondersteun word.

Die trekker doen Sondag 2 Mei in Lydenburg aan en skenkings kan dan daar vir die projek gemaak word.

 ??  ?? Dr. André Hattingh gaan meer as 2 500km deur vyf provinsies met dié trekker aflê om fondse in te samel vir Pediatric Care Africa en al hul welsynswer­k.
Dr. André Hattingh gaan meer as 2 500km deur vyf provinsies met dié trekker aflê om fondse in te samel vir Pediatric Care Africa en al hul welsynswer­k.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa