The Lowvelder

Kunsdae op Kaapsehoop

- Linzetta Calitz

KAAPSEHOOP - Vier “studente” het vanuit Graskop, Pretoria, Broederstr­oom en Mbombela gekom om van Vrydag tot

Sondag meer by Gerrit Pitout te leer oor skilderkun­s.

Hierdie was die eerste naweek van sy soort, maar daar is nog op die horison. Pitout, met meer as 50 jaar se kunservari­ng agter die blad, het gesê hy wil minstens elke tweede maand Kaapsehoop toe kom om hierdie geleenthei­d aan te bied.

Selfs al weet jy niks van verf af nie, is jy ook welkom om ’n plek te bespreek.

Diegene wat nie toebehore van hul eie besit nie, het die opsie dat Pitout vir hulle ’n pakket met die benodighed­e saamstel. Dit word dan by die prys vir die naweek gevoeg.

Afhangende van die medium wat gebruik word, kos die naweek net onder R4 000.

Dit sluit twee aande se verblyf in die Angel’s Mist-gastehuis (waar die klasse ook aangebied word), asook ontbyt en een aandete in.

“Ek behandel so ’n maksimum van agt mense, sodat ek aandag aan almal kan gee. Ek vat hulle van die beginstadi­um af, die voorbereid­ing van hulle werk, en dan vat ek hulle deur verskillen­de tegnieke.

“Daar is byvoorbeel­d ’n nat tegniek en ’n droë tegniek en verskillen­de style, so hulle kan dan kies waarvan hulle hou.”

Oor die naweek is daar met olie- en akrielverf gewerk, en studente het slegs goeie terugvoeri­ng gehad.

Daar is nog nie ’n datum vir die volgende reeks klasse vasgemaak nie, maar vir meer inligting kan Gené Pitout by 060-644-6262 gekontak word, of besoek die Facebookbl­ad, Art Pitout by Gerrit Pitout.

 ??  ?? Frida de Wet en twee van haar voltooide kunswerke.
Frida de Wet en twee van haar voltooide kunswerke.
 ??  ?? Gerrit Pitout help Fini Slabbert met haar kunswerk.
Gerrit Pitout help Fini Slabbert met haar kunswerk.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa