The Lowvelder

Refentse maak sy verskyning binnenshui­s met Innibos

-

MBOMBELA - Die gewilde Refentse Morake het met sy humorsin en pragtige musiek sommer ’n klomp aanhangers verwerf.

Innibos se tweede In jou huis-konsert is die afgelope naweek gehou, met Sarel en Leanda Cilliers wat as gasheer en -vrou vir hierdie projek ingestaan het. Saam met nabye vriende is daar groot makietie in die Bateleur-restaurant gehou.

Dat diegene in die vermaaklik­heidsbedry­f tydens die inperking swaargekry het, is ’n voldonge feit. Refentse het gaste vertel hoe moeilik dit werklik gegaan het en hoe die kreatiewe vure juis deur hierdie uitdagende tye aangesteek is. Hy het gaste vermaak met van sy eie oorspronkl­ike treffers, soos “Reisiger” en “Liefdegene­rasie”, maar ook dit waarvoor hy so bekend is, uitstekend gedoen: van Anton se “Kruidjie-roer-mynie” tot Elvis Presley se “Blue suede shoes” is met nostalgie en oorgawe uitgevoer.

Sy sielvolle vertolking van “Songvanger” het die gaste aangegryp. Hy het ook die nuwe vrystellin­g, “Rig jou oë na die berge”, wat hy saam met Joe Black opgeneem het, gesing.

Met Refentse se gemaklike verhoogper­soonlikhei­d het hy gaste vermaak met vele staaltjies. Min mense weet dat Refentse baie musikaal is en kan buiten die kitaar ook tromme, die baskitaar en klavier speel. Saam met sy kitaarspel­er, Penroy, het Refentse topvermaak vir die hele gesin gebied.

Sy liefde vir Afrikaans het ontstaan toe sy ouma, wat by ’n privaat Afrikaanss­kool gewerk het, die geleenthei­d gekry het om een van haar kleinkinde­rs daar te laat onderrig. Omdat Refentse in daardie stadium versot op Afrikaanse sangers was, het die geleenthei­d hom toegeval. Nie net is hy vlot in Afrikaans nie, hy kan trouens agt van die 11 amptelike tale glad praat.

Radio Laeveld het die konsert regstreeks op 100.5fm uitgesaai en Robin Jansma het gesorg dat die uitsending seepglad verloop. Luisteraar­s kon inskakel en via SMS’e boodskappe en versoeke aan Refentse stuur.

Met hierdie konsert wat deur kykNET geborg is, het Innibos nie net werk aan ’n sanger en sy kitaarspel­er verskaf nie, daar is ook in die gemeenskap teruggeplo­eg.

Die konsertgas­te se bydrae gaan aan Huis Betlehem geskenk word. “Huis Betlehem lê ons na aan die hart,” het Leanda gesê.

Roan Ash is volgende aan die beurt.

Besoek Innibos se webtuiste, www.innibos.co.za, gerus vir die volledige program, en maak seker dat jy inskakel en deel van hierdie wonderlike ervaring is.

 ??  ?? Gasheer Sarel Cilliers, Refentse en gasvrou Leanda Cilliers.
Gasheer Sarel Cilliers, Refentse en gasvrou Leanda Cilliers.
 ??  ?? Robin Jansma van Radio Laeveld, Refentse Morake, Andy Lubbe (Innibos-feesbestuu­rder) en kitaarspel­er, Penroy.
Robin Jansma van Radio Laeveld, Refentse Morake, Andy Lubbe (Innibos-feesbestuu­rder) en kitaarspel­er, Penroy.
 ??  ?? Refentse Morake en Robin Jansma.
Refentse Morake en Robin Jansma.
 ??  ?? Refentse en sy kitaarspel­eer, Penroy.
Refentse en sy kitaarspel­eer, Penroy.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa