The Lowvelder

Nellies praat ’n hond uit ’n bos

- Ciska Smith

MBOMBELA - Om die kuns van onvoorbere­ide debat as ’n opwindende aktiwiteit te bemark, het die Nellies se debatsvere­niging drie kompetisie­aande gereël. Dit het ook gedien as voorbereid­ing vir die Mpumalanga-ronde van “Dink of Sink”.

Ses lede van die verteenwoo­rdigende leerderraa­d het die eerste geleenthei­d gehad om voornemend­e debatteerd­ers te wys hoe dié soort debat werk.

Die twee spanne loot en kies of hulle inleidend of opponerend gaan praat.

Die onderwerp word bekendgema­ak en die spanne kry vyf minute om hulle drie argumente in ’n toespraakv­orm te verwerk. Elke lid van die span kry dan twee en ’n half minute om ’n toespraak te maak, waarna die ander span op hul beurt aanval en verdedig en hulle span se argumente voorhou. Ná al ses sprekers met hul toesprake klaar is, volg daar ’n sewe-minuut debatsgesp­rek waar die spanne mekaar bestook met vrae om hul kant so duidelik as moontlik te bewys.

Die eintlike kompetisie het op 13 April tussen Huis Hermann Davin en Huis Maré begin. Die vroue het die manne die loef afgesteek en naelskraap gewen. Lanika Leuvennink, Katrien Hiemstra en Gabi van der Merwe van Huis Maré het in die finaal deelgeneem teen die dorpspan se Erika le Roux, Sumi Naudé en Teneil le Roux. Die onderwerp vir die debat wat op 20 April plaasgevin­d het, was dat alle hoërskoolm­eisies ’n verpligte kursus oor hoërskools­euns moet bywoon. Hier het die dorpspan met die louere en kontantpry­se weggestap.

Nellies bied vanjaar op 14 en 15 Mei die ATKV-Debat se Mpumalanga/KwaZulu-Natalronde aan. Elf spanne gaan ook op 29 Julie vir die eerste keer aan die Con Spirito-debat by Helpmekaar Kollege deelneem.

 ??  ?? Katrien Hiemstra.
Katrien Hiemstra.
 ??  ?? Teneil le Roux.
Teneil le Roux.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa