The Lowvelder

Rhinos voer ’n tawwe stryd

-

Na meer as ’n jaar se afwesighei­d het skolerugby die afgelope naweek nie op ’n drafstap nie, maar eerder soos ’n vetgesmeer­de blits, by die Monnas Eeufees-rugbytoern­ooi weggesprin­g.

Hoërskool Nelspruit se eerste span het teen Hoërskole Garsfontei­n en Noord-Kaap te staan gekom.

In die eerste wedstryd wat Vrydag teen die eersgenoem­de plaasgevin­d het, was Garsies uit die staanspoor uit op die agtervoet, maar na 10 minute se speeltyd het twee beserings, dié van Ruben Gründling met harsingsku­dding en Christo Nel se sleutelbee­nbreuk, die Nellies ’n groot terugslag toegedien. Die span was genoodsaak om sonder dié twee staatmaker­s te speel en moes by die spel aanpas.

Teen rustyd was die telling 19-0 in die

Garsies se guns. In die tweede helfde het Quinn van Zyl twee drieë aangeteken en vir die Rhinos punte op die telbord geplaas. Christiaan Gates het geslaag om albei doelskoppe en ’n strafskop deur die pale te stuur.

“Ons het nie genoeg plaasverva­ngers gehad om die twee senters te vervang nie. Van die spelers moes in ander posisies speel en dit het veroorsaak dat ons ongelukkig momentum tydens die spel verloor het,” het hulpafrigt­er Chris Mans gesê. “Dit was tough, maar die spelers het karakter gewys.”

Die Rhinos verloor die eerste wedstryd 33-17. Die tweede wedstryd teen Noord-Kaap van Kimberley het met ’n vinnige pas begin. Die Rhinos het twee pragdrieë gedruk en die telling was 14-0 na die eerste paar minute. NoordKaap het stelselmat­ig terug in die spel gekom en die rustydtell­ing was 17 elk. Die Nellies se puik verdedigin­g in die tweede helfte het die teëstander­s binneforse­er. Noord-Kaap het balbesit verloor en Christiaan Gates, losskakel, het sy kans met strafskopp­e benut. Hy het 25 van die Nellies se 40 punte aangeteken. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys. Die oomblik van die wedstryd gaan aan Ricardo Correia met sy skitterend­e drie. Werner van Zyl het die ander drie aangeteken en die dryfdrie is deur Quinn van Zyl gedruk.

Die Rhinos wen die wedstryd met 40-24. Hierdie voorseisoe­nwedstryde het vir die Rhinos die geleenthei­d gebied om hulle litte los te maak en goed voor te berei vir die komende winterspor­tseisoen.

 ??  ?? Jean Burger mik ’n skop af.
Christiaan Gates. > Foto: Johan Orton - SASPA
Jean Burger mik ’n skop af. Christiaan Gates. > Foto: Johan Orton - SASPA

Newspapers in English

Newspapers from South Africa