The Lowvelder

Baba MJ verloor sy harde stryd

- Ciska Smit

MBOMBELA - Op Saterdag 15 Mei teen 20:45 het klein MJ Erasmus sy dapper stryd van agt maande verloor.

MJ is in Mediclinic Nelspruit oorlede nadat hy Vrydag in die hospitaal opgeneem is.

Vroeg in April het die Erasmusges­in die nuus ontvang dat daar medies gesproke niks meer was wat vir MJ gedoen kon word nie, en hy is sedertdien by die huis met sterk pynmedikas­ie en verdowings­middels gemaklik gehou. Vandat hy op 2 September in Mediclinic Nelspruit gebore is, was sy lewe vol uitdagings.

Voor sy geboorte al is hy met klompvoetj­ies gediagnose­er en daarna het verdere komplikasi­es met sy stryd om op sy eie asem te haal, weens longontste­king en hartversak­ing, dadelik begin.

Na verdere toetse is MJ later met agenesie van die corpus callossum asook kraniosino­stose gediagnose­er, wat beteken dat hy nooit op sy eie kon asemhaal en sy brein nooit

Laevelders het van die begin af saam met die Erasmus-gesin gejuig, gehuil en gebid vir dié dapper seuntjie

verder as dié van ’n pasgebore baba sou ontwikkel nie.

Laevelders het van die begin af saam met die Erasmus-gesin gejuig, gehuil en gebid vir dié dapper seuntjie.

In ’n Facebook-plasing skryf sy ma Adri aan haar babaseuntj­ie: “Dis onnatuurli­k vir ’n ouer om ’n kind aan die dood af te staan. Hoe kom ’n mens oor dit? My wêreld in stukke. Ek vertroos my daaraan dat jy vir ons met daai mooi blou ogies kyk, met die mooiste voetjies wat kan loop! Ek mis jou, MJ… so verskrikli­k baie!”

Adri sê MJ het tot die bitter einde geveg.

“Vir nou rou ek oor jou! Ek mis jou elke liewe sekonde van elke dag. Ek sal jou altyd liefhe! Al my liefde. Van Mamma,” sluit sy af.

 ??  ?? Adri en MJ Erasmus. > Foto: Facebook/Bid vir Baba MJ
Adri en MJ Erasmus. > Foto: Facebook/Bid vir Baba MJ

Newspapers in English

Newspapers from South Africa