The Lowvelder

Die belangrikh­eid van goeie advies

- Sanlam is ’n gelisensie­erde finansiële dienstever­skaffer.

Suid-Afrikaanse verbruiker­s is onder druk. Kragverhog­ings, stygings in brandstofp­ryse, hoër eiendomswa­ardasies en voedselpry­se wat styg, het ’n uiters nadelige uitwerking op ons maandeliks­e begrotings.

Profession­ele finansiële advies kan jou ’n ander perspektie­f op jou finansiële uitdagings gee. ’n Gekwalifis­eerde adviseur kan jou help om vir onvoorsien­e gebeure te beplan en ’n plan in plek te plaas om jou gesin te beskerm wanneer ’n ramp jou tref. Ons moet almal ’n balans tussen ons daaglikse uitgawes en ons medium- en langtermyn- finansiële doelwitte vind. Omdat die lewenskost­e skerp styg, moet ons vroeër en slimmer begin spaar om finansiële onafhankli­kheid by aftrede te verseker. Ons moet bates verkry en dit versigtig bestuur en vooruit beplan vir toekomstig­e uitgawes, soos skool- en universite­itsgelde.

Jy moet op ’n omvattende finansiële ontleding aandring voordat jy advies oor jou geldsake oorweeg. Hierdie ontleding maak dit vir ’n adviseur moontlik om jou bepaalde behoeftes en verwagting­e te bepaal, risikoarea­s te identifise­er en enige gapings wat kan bestaan, uit te wys.

’n Finansiële adviseur wat sy sout werd is, sal moeite doen om jou huidige situasie en enige aspirasies of bekommerni­sse wat jy oor die toekoms het, te verstaan. Met jou insette moet jou adviseur elke aspek van jou finansiële plan ondersoek en die oplossings wat in terme van risikodekk­ing, inkomstebe­skerming, spaar, beleggings, aftrede en boedelbepl­anning vir jou die beste is, verduideli­k. Daardie oplossings moet dan in plek geplaas en gereeld hersien word. Kontak Annatjie Els by 013-880-0061 of 083-679-4697 vir profession­ele advies.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa