The Lowvelder

Hoërskool Nelspruit maak korte mette van Transvalia

-

Hoërskool Nelspruit het Saterdag, met die afskopv an die No o rd vaalVir se kerb ekerkomp et isie,Transv ali ago ed laat les opsê.

Dit was die eerste keer sedert skolesport as gevolg van die Covid-19-pandemie halt geroep is, dat daar mededingen­d op NHS se tuisveld rugby gespeel is. Duisende toeskouers het op DigiTV ingeskakel en die A-spanwedstr­yde regstreeks gekyk.

Daar was hierdie keer ook deurentyd kommentaar gelewer deur PJ Coetzee en Christo Nel, albei gr. 12-leerders op die Rhinos se krukkelys, wat ’n uitstekend­e taak verrig het. Hulle kennis en entoesiasm­e is aansteekli­k.

Behalwe vir die o/15’s wat gelykop

14-14 gespeel het, en die tweede span wat met 12-13 verloor het, het al die ander spanne gewen. NHS se eerste span was uitstekend en het Transvalia 42-3 kafgedraf.

Die losskakel, Christiaan Gates, het 17 punte ingepalm.

Christiaan en Transvalia se Tiaan Rossouw het vroeg in die wedstryd elk ’n strafskop aangeteken. Die res van die wedstryd het aan NHS behoort.

Christiaan het die span se eerste drie gedruk toe hy deur die verdedigin­g kon glip en na Brent de Villiers uitgegee het. Dié het die aangee vinnig na hom toe teruggestu­ur, en vyf punte is op die telbord bygevoeg.

Hy het toe nog sout in die wonde gevryf met ’n strafskop, kort voor Keenan Visser nog ’n drie kon druk.

NHS was teen rustyd 16-3 voor.

Vroeg in die tweede helfte het Ewan Nieuwoudt nog ’n drie gedruk danksy ’n briljante sluipskiet deur Quinn van Zyl, wat die bal tot net voor die doellyn kon dra. Christiaan het die drie verdoel. Luthando Mabuza het die volgende drie gedruk na NHS se agterspele­rs besit van die bal geneem het. Dié linkervleu­el het sy tweede drie gedruk na Werner Geldenhuys deur helfte van die Transvalia-span gebars het om Luthando te bemagtig om dit te kon doen.

Christiaan het die twee punte ook geëis. Die man van die wedstryd, Christiaan, het die wedstryd beëindig met ’n fopaangee wat die laaste linieverde­diging gefnuik het, om ’n drie te druk wat hy toe verdoel het.

NHS was te groot en sterk vir die span van Vanderbijl­park. Hulle skrums en lynstane was rotsvas en hulle fiksheid duidelik skynbaar op dié warm herfsdag.

Die uitslae is:

• O/14A: NHS 40 - Transvalia 10

• O/14B: NHS 31 - Transvalia 14

• O/14C: NHS 38 - Transvalia 0

• O/15A: NHS 14 - Transvalia 14

• O/15B: NHS 50 - Transvalia 0

• O/16A: NHS 22 - Transvalia 7

• O/16B: NHS 18 - Transvalia 12

• Tweede span: NHS 12 - Transvalia 13.

 ??  ?? Juandré van Buuren.
Juandré van Buuren.
 ?? > Foto’s: Johan Orton. ?? Werner Geldenhuys en Henru van der Merwe.
> Foto’s: Johan Orton. Werner Geldenhuys en Henru van der Merwe.
 ??  ?? Drikus Greeff en Luthando Mabuza.
Drikus Greeff en Luthando Mabuza.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa