The Lowvelder

Geniet Innibos in jou huis

-

MBOMBELA - Met sy rasperstem en sielvolle lirieke het Roan Ash beslis ’n paar nuwe aanhangers bygekry toe hy onlangs tydens ’n Innibos In jou huis-konsert opgetree het.

Die gehoor, gaste van Marius en Lana Nel, het die vertoning terdeë geniet en luidkeels saamgesing.

Die luisteraar­s op 100.5 FM het ewe lekker saamgekuie­r en het vir Ash ’n paar interessan­te vrae gehad. Een luisteraar wou weet of sy hom aan haar baie mooi dogter kon voorstel, waarop hy lekker gelag het en gesê het dat hy reeds getroud is.

Die gasheer en -vrou by elke Innibos

In jou huis-konsert besluit aan watter gemeenskap­sorganisas­ie hulle graag die fondse wat hulle tydens die konsert by gaste ingesamel het, wil skenk.

Lana en Marius is jare reeds as vrywillige­rs by KANSA betrokke. Lana het self ook een van haar ouers aan kanker verloor. KANSA bied ondersteun­ingsdienst­e aan kankerlyer­s asook familieond­ersteuning­sgroepe.

“KANSA ontvang geen staatsbefo­ndsing om hierdie belangrike werk te doen nie en is afhankilik van die gemeenskap se ondersteun­ing om hul dienste te lewer. Daarom is ons ongeloofli­k dankbaar vir skenkings soos dié,” het Pauline Möller, ontwikkeli­ngskoördin­eerder van KANSA, gesê toe Marius en Lana die fondse oorhandig het.

Omdat mense nie kaartjies koop om die Innibos In jou huis-konserte by te woon nie, vra die gasheer hulle om ’n bydrae te maak vir hul gekose organisasi­e. “Die gaste het die Roan Ash-konsert geweldig geniet, en ons is opgewonde dat ons R12 000 kon bymekaarma­ak,” het Lana gesê.

Charl du Plessis tree by die volgende In jou huis-konsert op wat op Saterdag 26 Junie plaasvind.

 ??  ?? Marius en Lana Nel (weerskante) oorhandig die skenking aan Sandra Jacobs (tweede van links) en Pauline Möller (derde van links).
Marius en Lana Nel (weerskante) oorhandig die skenking aan Sandra Jacobs (tweede van links) en Pauline Möller (derde van links).

Newspapers in English

Newspapers from South Africa